Romans wat jou sal laat sweet

Met die Desember vakansie op hande is hierdie drie romans die beste manier om te ontspan.

Hierdie Desember vakansie behoort mammas ook ‘n blaaskans te geniet, weg van die kinders af. Met hierdie drie romans kan jy gerus die kinders saam met die man uitstuur vir ‘n draairoomys terwyl jy jouself verloor tussen die blaaie.

Omdat die hart onthou – Ettie Bierman

Krizelda en Alwyn ontmoet as student op Margate. Gou is hulle halsoorkoop verlief en trouplanne volg vinning. Krizelda moet egter eers haar studie voltooi en Alwyn is op pad Amerika toe.

Wanneer Krizelda uitvind sy is swanger en dat Alwyn spoorloos verdwyn het, stort haar lewe in duie. Sy maak haar kind alleen groot en ontwikkel ’n wrok teenoor Alwyn wat haar so gruwelik in die steek gelaat het. Maar na meer as sewe jaar, met baie griewe en misverstande, is daar ’n herontmoeting toe Alwyn haar baas word. Krizelda is so verbitterd teenoor mans, veral Alwyn – en hy het boonop ’n ander meisie. Sal hul harte ooit onthou wat eens was, en die pad terug daarheen vind.?

Blinde liefde – Elsa Hamersma

Karla gaan werk as ’n sjef en bemarker op ’n Swartlandse gasteplaas. Met haar aankoms hoor sy dat daar kort tevore ’n moord gepleeg is en dat die uiters aantreklike nuwe eienaar, Hugo Joubert, die hoofverdagte is.

Karla moet bitter hard werk om van die gasteplaas ’n sukses te maak. Tussendeur het sy baie om oor te tob: is Hugo sy broer se moordenaar? Wat behels die eienaardige verhouding tussen hom en die beeldskone Natalie van die buurplaas? En kan Karla retig daarop reken dat daar nie ook in Londen, waar hy eintlik bly, ’n meisie op Hugo wag nie?

Die moord, spoke in die gastehuis, haar eksman en Natalie maak Karla se lewe al moeiliker.

Dit is asof haar lyf een taal praat en haar verstand ’n ander. Is dit dalk ’n kwessie van blinde liefde?

Hermien en die hartedief – Anita du Preez

Hermien en Jamie is net vriende. Ja, jare gelede was daar daardie enkele insident, maar wanneer Jamie in haar woonstel kom skuil nadat hy van die soveelste vrou weggenhardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie. Sy het ’n gawe kerel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad.

Maar Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op ’n manier wat haar laat duisel. Die saai, maar goeie Wynand, wil met haar trou en sy vlug verward na Italië.

En heeltyd worstel sy: sy kan mos nooit die player Jamie vertrou nie.

Jamie sal alles moet uithaal om Hermien te wys dat hulle twee kan werk…

Related Articles

Back to top button