Mozart se Towerfluit met ruimtetuig en Mandela

'n Moderne Towerfluit vir oud en jonk.

Die byderwetse weergawe van Mozart se Towerfluit waar Tamino met behulp van ’n ruimtetuig aarde toe kom, is naas die oorspronklike Duitse Libretto van Schikaneder, beslis ’n belewenis. Die Towerfluit is ’n feëverhaal wat sedert 1789, toe dit die eerste keer opgevoer is, op verskeie wyses aangebied is. Die Suid-Afrikaanse tenor, Kobie Coetzee, wat onlangs begin het om hom toe te spits op verhoogaanbiedings, het ’n splinternuwe vars en ’n uiters oorspronklike produksie op die planke gebring.

Die Towerfluit is so eietyds dat selfs oud-president Nelson Mandela, in die agtergrond, met raad aan Tamina verskyn. Daar is selfs ou simbole van die Vrymesselaars (Mozart was ’n vrymesselaar) en die drie geeste wat a-la ET voor die maan in die lug op fietse verbyry.

Brooklyn-teater se eerste aanbieding van die jaar is ’n absolute lus om te aanskou. Mozart se Towerfluit is vanjaar ook deel van die matriek-musieksillabus en met die modernheid van die opera sal dit seer sekerlik groot byval by sulke leerlinge vind.

Die uitsonderlike dekor wat met behulp van rekenaars, tussenskerms en beligting gedoen word, verstom ’n mens, veral omdat die opera in sy geheel met ’n Salon-ensemble aangebied word. Die instrumentale verwerking is deur Willem Vogel gedoen . Met ’n rolverdeling wat 13 top Suid-afrikaanse operasterre insluit, doen die Brooklyn-teater sy status as die teater vir die musiekfynproewer, terdeë gestand. Die Towerfluit word op 15 Januarie, 17 Januarie, 19 Januarie om15:00, 22 Januarie en 24 Januarie aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button