‘n Aand vir musiekliefhebbers by Asbosteater
Unieke talent by die Asbos te sien.
Asbosteater bied op 7 Februarie om 19:00 twee vertonings aan vir die prys van een, en musiekliefhebbers kan uitsien na vertonings deur Franco Prinsloo en Jako Meyer.
Prinsloo gaan toonsettings en liedjies uit sy eie pen sing en homself op die klavier begelei. Musiek-entoesiaste kan uitsien na nommers soos “nagliedjie”, “die ballade van patty bekker”, “lovely day for suicide” en ‘n paar nuwe skeppings.
Daarna volg Jako Meyer met ‘n mengelmoes van liedjies wat stories vertel uit die verlede, asook ‘n paar splinternuwe liedjies. Die gehoor kan ook uitsien na een of twee Moses Metro Man-treffers wat akoesties saam met die kitaarspeler, Tiaan Erasmus opgevoer sal word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.