Graeme Smith en vrou skei

Die paartjie was sowat vier jaar getroud.

Die nuus dat die voormalige Protea-krieketkaptein Graeme Smith en sy Ierse vrou, Morgan Deane-Smith, gaan skei, het die wêreld behoorlik aan die gons Woensdag. “Ek bevestig dat die egpaar ongelukkig gaan skei. Dit is uiteraard ’n privaat aangeleentheid en hulle vra dat hul privaatheid gerespekteer word ter wille van hulle en hul kinders,” het familie se woordvoerder, David Becker in ‘n verklaring namens die paartjie gesê.

Die paartjie was sowat vier jaar getroud en het twee kinders, Cadence (1) en Carter (19 maande).

Die gesin is verlede jaar deur moeilike waters toe Cadence ‘n operasie vir brandwonde moes ondergaan.

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button