Centurion-meisie dalk die nuwe gesig van Victoria Secret

Sy glo haar talente sit op al die regte plekke om Candice Swanepoel as die gesig van ‘n internasionale swemklere-reeks te vervang, maar sy het 8 000 stemme nodig om haar lyf in dáárdie bikini’s in te wriemel.

‘n Model van Centurion het nou die kans om die Victoria Secret-bikini by Candice Swanepoel oor te neem, maar sy kort nog 8 000 stemme om tot die finaal deur te dring.

Katelyn Barkhuizen (19), ‘n model en modeontwerp-student, het haarself die afgelope drie weke vuurwarm op sosiale media bemark.

Sy het foto’s van haar bikini-lyf geplaas, gesmeek en soet woordjies op haar Facebook-muur geskryf. Sy kon net daarin slaag om 2 000 stemme te kry.

“Ek is net ‘n doodgewone meisie met ‘n groot droom,” het sy haarself Dinsdagmiddag beskryf nadat sy ‘n kans gewaag en ingeskryf het vir ‘n kompetisie waarin die swem- en onderklerereus, Victoria Secret, op soek is na ‘n nuwe lyf vir ‘n nuwe swemklere-reeks.

“Ons moet onsself eers bemark en die wat teen Mei 10 000 stemme het dring deur na die top 15,” vertel sy. Haar magie is blinkbruin onder die kort toppie en die kurwes netjies geboetser in die denimbroek.

Sy het eers op 17-jarige ouderdom modelwerk begin doen, maar modelagentskappe gebruik haar nie te graag vir fotosessies vir tydskrifte nie.

“Die modelle is gewoonlik plankdun met hol wangbene. Ek het nie daardie tipe voorkoms nie. Hulle beskou my as die tipiese buurdogter. Ongekunsteld en te natuurlik. Ek het toe by Gap Models aangesluit waar hulle my aangemoedig het om vir die kompetisie in te skryf.”

Voordat sy egter daardie peperduur bikini gaan bemark, moet daar nog baie stemme inrol. “Ek is in Centurion gebore en het ook daar grootgeword. Ek het veral die stemme van my voorstad se inwoners nodig. Ek wil hê julle moet trots wees op my en ek wil Centurion oorsee gaan verteenwoordig.”

* Besoek Katelyn se Facebook-blad waar ‘n skakel jou sal neem na die webwerf waar jy vir haar kan stem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button