KOMPETISIE: Liefedsverhale vir Kersfees
As jy hou van romantiese leesmateriaal, skryf in vir die kompetisie.
Is jy ’n “sucker” vir sappige liefdesverhale hierdie feesseisoen?
Skryf dadelik in vir hierdie kompetisie sodat jy ’n kans kan staan om groot te wen by Rekord.
Wat kan nou lekkerder wees om by die strand te rus hierdie vakansie, en van die tyd gebruik te maak om op te vang op indrukwekkende leesstof?
So lyk die titels:

Bewustelik joune
deur Elsa Winckler
R210.00
Bruce Fordyce, die beroemde Comrades-atleet, het jare gelede al gewaarsku dat langafstandhardopers nie goeie troumateriaal maak nie… Kris se lewe is weer op koers. Dit was vyf jaar van harde bene kou ná die aanval. Die letsel op haar gesig is steeds daar, die nagmerries ook. Haar verbreekte verlowing? Dit is iets van die verlede. Haar aanvallers is agter tralies.
Dit was ’n lang, lang pad waartydens sy baie van haarself geleer het. Om hierdie rede breek sy soms weg uit haar fisioterapie-praktyk om ander te help om bewustelik te lewe, mindfulness word dit in Engels genoem. Tydens een van die kursusse kruis haar en Luca se paaie. Hy is ’n ultra-atleet wat nog verder hardloop as Bruce Fordyce.
In sy wêreld is daar nie plek vir enigiets anders as hardloop nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met issues nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Hoe gemaak as jy skielik ’n huis deel met iemand wat bewustelik dáár is? Wat doen jy as jy haar nagmerries nie kan ignoreer nie? Luca moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.

Liefde vir ’n ridder
deur Didi Potgieter
R85,00
Annabel en haar klein Ami moet vir drie maande in New York saam met Jack Parker in sy suite bly. Hy sal dit oorleef. Hy is tog immers nie die troutipe nie. Maar hoekom voel sy hart deesdae so snaaks?

Bêre my soen
deur Dina Botha
R85,00
Jaybee en Maxwell moet met mekaar trou want die eenwording van hul twee familiename sal ’n ongeëwenaarde sakeryk skep. Ai, maar sy is verlief op ’n ander man, Will, wat sy pas ontmoet het… Hoe gaan haar hart dit oorleef?

Maskerdans
deur Frenette van Wyk
R85,00
Loiselle is by Angelique Parfumeurs om die geur van Afrodite – die godin van liefde – in ’n bottel parfuum vas te vang. Nie om haar hart te verloor nie! Nie op haar baas Francois Valour of die geheimsinnige Kenzo wat sy by die maskerdans ontmoet nie.

Vonkelwyn en liefde
R85,00
Anouk se hardkoppige ouma veil haar in ’n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?
KOMPETISIE:
Twee lesers staan ’n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die sleutelwoord ‘LIEFDESBOEKE1’.
Test Poll RWC



