NewsSchools

Welgedaan aan die Klas van 2023

Hoërskool Linden se matriekklas van 2023 het hul skoolgemeenskap trots gemaak deur hul wonderlike uitslae.

Hoërskool Linden se matriekklas van 2023 het hul deursettingsvermoë aan die gemeenskap bewys toe hulle ’n 100%-slaagsyfer behaal het.

Cayleigh Khourie.
Dorian Groenwald en Adrian Snyman

Hul opgewondenheid was duidelik toe hulle op 19 Januarie teruggekeer het na die skool om hul uitslae af te haal. Die 141 leerders het ‘n totaal van 285 onderskeidings behaal wat gemiddeld sowat 2.0 onderskeidings per leerder was.

Caitlin Kruger.
Harry Gardner en Chris van der Sandt.

Ian van Heerden was die skool se dux-skolier nadat hy agt onderskeidings en ‘n algehele gemiddeld van 90.57% behaal het. Nog toppresteerders was Inge Kasselman, Mia Mostert, Duan Brittion, Zander de Villiers, Natalie Dixon, Chrizelle du Plessis en Tredoux Engelbrecht.

Christelle Venter, Bea van der Westhuizen en Jeanise Lubbe.
Lizl Viljoen.

Liandi Plotz, die skool se kommunikasiebeampte, sê die skool is uiters trots op hierdie matriekklas en kan nie wag om te sien wat hulle verder gaan bereik buite die skoolhekke nie.

Christelle Venter met Chanté Smit.
Pieter Johannes Hugo.

Related Article: Reddford House Northcliff celebrates it’s learners success

Related Articles

 
Back to top button