ONS is terug by die skool en gereed vir al die uitdagings wat voorlê.
Daar het talle aktiwiteite in die vakansie plaasgevind:
Vryheid Rugbyweek: Vryheid Hoërskool het weer in die April-vakansie die jaarlikse rugbyweek aangebied. Daar was ‘n hele paar skole wat deelgeneem het en Pionier is baie trots op die eerste span en die o/16’s wat aan die toernooi deelgeneem het.
Die uitslae is soos volg: o/16: Speel teen die volgende skole: Port Shepstone, wen 62-0. Richardsbaai, wen 21-13, Afrikaans Hoër Kroonstad, verloor 10-2. Die o/16’s eindig tweede in die toernooi.
Eerste span: Speel teen die volgende skole: Michael House, wen 40-0. Maritzburg College, wen 40-8. Die eerste span wen die rugbyweek vir die derde keer in ‘n ry. Hulle het in die finaal gespeel teen Afrikaans Hoër Kroonstad, wat ‘n naelbyt wedstryd was. Pionier het in die laaste vyf minute van die wedstryd die wendrie aangeteken. Die telling: 15-10. Ons is baie trots op hierdie spelers wat ons skool se naam hoog gehou het.
Baie geluk aan die volgende spelers: Christiaan Swanepoel is aangewys as die beste voorspeler van week en Ryan van der Westhuizen is aangewys as die beste agterspeler van week.
Eerste Netbalspan toer na George: Die eerste netbalspan het op 1 April vertrek na George in die Weskaap om aan die South Coast Sport Tournament deel te neem. Sowat 1600 rugby- en netbalspeelsters neem aan hierdie toernooi deel.
Die uitslae van die wedstryde is: Wen 31-3 teen Steelcrest. Wen 13-9 teen Landboudal. Verloor 18-8 teen Outeniqua. Verloor 12-11 teen Hoogenhout. Wen 29-13 teen Kwaggas. Gelykop 19-19 teen Kathu. Semi-finaal teen Landboudal, wen 20-12. Finaal teen Kathu, wen 27-18.
Hulle het die toernooi gewen!
Die volgende spelers word gekies as deel van die uitnodigingspan wat Oktober na Ierland reis: Madie Swanepoel; Heidi Steffen; Ashley Reimers; Anandi Blaauw en Simoné Bornman. Baie geluk aan hierdie spelers!
Eerste Hokkiespan toer na Bloemfontein: Die eerste hokkiespan het op 6 April vertrek na Bloemfontein. Hulle het teen die volgende spanne gespeel tydens die toernooi waaraan hulle deelgeneem het en die tellings verloop soos volg: Kimberley Girls High: verloor 3-0. Kalahari (tweede span): wen met ‘n goeie telling van 11-0. Eldoraign (o/16): verloor 4-2. Eldoraign (o/15): wen 2-1. Sasolburg: verloor 3-2. Standerton: verloor 3-1.
Dit was ‘n goeie ervaring gewees en goeie voorbereiding vir die Puk 16 finaal. Dankie dat julle sulke goeie ambassadeurs vir ons skool was, julle maak ons trots.
KZN Senior Swemspan: Jaco Schutte is gekies om hierdie swemspan te verteenwoordig by die SA Kampioenskappe van 13 tot 18 April. Hy het ook van 31 Maart af deelgeneem aan die Nedbank Uitnodigingsbyeenkoms by Ellispark in Johannesburg. Baie sterkte!
Atletiekkampioenskappe in Bloemfontein: Die volgende leerders neem deel: Zandri Meyer, sy behaal ‘n sesde plek in diskus en sy is derde laaste in gewigstoot (dogters o/15). Natasha Kleyn, sy behaal ‘n 14de plek in gewigstoot (dogters o/17).



