Die Vensterfees

Die Vensterfees

Die Vensterfees word vir die derde keer in Newcastle aangebied. Die kunsmarkstalletjies beloof om vanjaar weer gehalte produkte aan te bied. Feesgangers kan onder andere uitsien na handgemaakte produkte, klerasie, skilderye en tuisgebak.

Die kinders kan kom saamspeel en na twee topgehalte kinderproduksies kom kyk. Die kaartjies vir al die vertonings is vanaf 1 Julie by Computicket beskikbaar. Kaartjies vir kinderproduksies sal by die feeskantoor te koop wees. Besoek gerus www.vensterfees.com en ons Facebookblad (Die Vensterfees) om op hoogte van die fees te bly. Kontak 083 634 8813 vir meer inligting.

 

11807144_10153578551482053_6090646878424315812_o (1)

Back to top button