NG Kerk Glencoe Oos Bosveld Tema Potjiekoskompetisie
Op kerkterrein (101 Dammanstraat) op Saterdag, 6 Junie, vanaf 11vm tot 8nm. Beoordeling om 4nm en etes sal vanaf 5nm beskikbaar wees. Pryse: Eerste – R2 000 kontant; wisseltrofee + 2 x trofeë om te hou; Tweede – R1 000 kontant; Derde – R500 kontant. Inskrywings is verniet. Jou pot moet ten minste voorsorg tref vir 10 etes wat aan die Kerk geskenk word wat dan weer deur die jeug verkoop word aan die gemeente en gemeenskap vir hulle fondsinsameling. Keuse van ‘n wegneemete of aansit ete. R40 wat insluit ete van jou keuse + tuisgebakte brood + konfyt + rys + pap en poeding.
Ook te koop: Sosaties (gaar), Pannekoek, Koek en Tee, Kleinkoekies, Biltong, Wors, Maalvleis, Blokkiesvleis en Koeldrank.
‘n Inskrywingsvorm met reels is beskikbaar by Assie 072 267 8796.
Kom kyk wie is die kontrei se bobaas kampioene!!