Plaasbasaar
Op Saterdag 12 Oktober hou ons ‘n lekker kuier plaasbasaar. Kom geniet die dag saam met ons. Daar is heerlike eetgoed, vleis teen billike pryse, potjiekos etes en baie aktiwiteite vir die kinders. Die aand hou ons ‘n kampvuur kuier met sang en worsbroodjies. Plek: The Water Wheel op die Natal Spa pad; Tyd: Vanaf 8vm – verkope begin 10vm.