Latest NewsBreaking News

AfriForum bevraagteken tenderproses

DIE burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek die tenderprosesdokumente vir die opgraderings van die ontspanningsgeriewe by die eDumbedam, wat nagenoeg R10 miljoen beloop, aangevra.

 

DIE burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek die tenderprosesdokumente vir die opgraderings van die ontspanningsgeriewe by die eDumbedam, wat nagenoeg R10 miljoen beloop, aangevra.

Dít volg na berigte dat die eDumbe Plaaslike Munisipaliteit nie die korrekte tenderprosedures gevolg het nie en die koste verbonde aan die opgraderings nie geregverdig kan word nie.

“AfriForum sal die tenderproses op administratiewe hersiening plaas, ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 2000 (Wet Nr 3 van 2000), indien dit aan die lig kom dat die eDumbe Plaaslike Munisipaliteit dié proses verkeerd hanteer het,” het Eugene van Aswegen, AfriForum se streekskoördineerder vir KwaZulu-Natal (Noord), gesê.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur jou naam na 45267 te SMS (R1).

Find us on:FacebookTwitter, and on Whats App 060 986 0731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button