Stellenbosch Atlete hardloop 2000km vir bybelverspreiding in tronke
Atlete vir Christus sal ‘n stop in Vryheid maak op Dinsdag.
Deur GN Viljoen
Atlete vir Christus sal ‘n stop in Vryheid maak op Dinsdag.
Dit is ‘n uitreik-aksie van die Kruiskerk wat uit 23 studente van die Universiteit van Stellenbosch bestaan.
Hierdie groep studente toer elke jaar, sedert die groep se ontstaan in 1975, gedurende die Junie-vakansie ‘n roete deur die land en hardloop van dorp tot dorp ten einde ‘n tweeledige doel te verwesenlik.
Ten eerste stel hulle dit ten doel om Jesus te verheerlik en ‘n boodskap van hoop te versprei.
Hulle verkondig die Evangelieboodskap deur middel van sang en getuienis soos dit in hulle leuse vervat is, “One hardloop, sing and gesels Christus!”
Ten tweede gaan hulle toer gepaard met fondsinsameling. Die fondse is ten bate van Bybel-Media vir die publikasie en verspreiding van Bybelstudiegidse in gevangenisse. Dit vorm die hart van hulle se bediening.
Vanjaar se toer begin op 27 Junie in Kosi Baai en, na ongeveer 2000 km se draf, eindig die toer af by Natures Valley op 14 Julie.
Find us on: Facebook, twitter, and on Whats App 060 986 0731.



