communityNews

Groot Trek 175

Op 9 Desember 2013 begin die simboliese Groot Trek vanaf Wasbank, waar die Voortrekkers die eerste keer in volle teenwoordigheid die Gelofte afgele het. Die verriggtinge gaan vanaf die oggend van 9 Desember 2013 op die plaas Blinkwater van Jan Labuschagne afskop, waar besoekers kan gaan kamp opslaan. ‘n Onthulling van ‘n granietplaket word om …

Op 9 Desember 2013 begin die simboliese Groot Trek vanaf Wasbank, waar die Voortrekkers die eerste keer in volle teenwoordigheid die Gelofte afgele het. Die verriggtinge gaan vanaf die oggend van 9 Desember 2013 op die plaas Blinkwater van Jan Labuschagne afskop, waar besoekers kan gaan kamp opslaan. ‘n Onthulling van ‘n granietplaket word om 1700 beoog, waarna ‘n kort aandprogram in lyn met die Gelofte en die saak daaromheen, sal volg. Daar sal met voertuie na die naby- gelee Wasbankspruit beweeg word, waar die marmertablet onthul,  en die  herbevestiging van die Gelofte op die plek waar die laer gestaan het, gedoen sal word.

Op 10 Desember sal ‘n perdekommando, bestaande uit dames en mans, drie waens met Afrikanerosse, fietsryers en verskeie motors die pad aandurf na die volgende oornagplek, wat die plaas Biggarsgat, van C.A. Froneman sal wees.   By die groot dam op Biggarsgat sal daar kleilat gegooi word, toutrek sal plaasvind, en ander tipiese ontspanning. Die aand sal n klein konsert plaasvind, waar vertellings, volksliedjies begelei deur die Boeremusiekgulde, en ander aangebied sal word. Later word afgesluit met aandgodsdiens en die herbevestiging van die Gelofte. Soortgelyke programme sal by elke oornagplek plaasvind.

Die trek gaan deur Dundee beweeg, waar ‘n oorkonde aan ‘n verteenwoordiger van die munisipaliteit oorhandig gaan word.

Die derde en vierde oorslaappunte sal by Talana Museum (Dundee) en op die plaas van Mnr. Frik Vreken wees.

Op 13 Desember trek die laaste skof na Bloedrivier.

DIE VOLGENDE FASILITEITE WORD VOORSIEN:

  1. n Waterkar met 1000L water
  2. Mobiele toilette.
  3. Bestellings kan vooraf geplaas word vir vleis braaipakkies.
  4. Pap en sous word voorsien vir die aand.
  5. Warm water word voorsien.
  6. Beperkte stort fasiliteit, veral vir die dames.
  7. Vuurmaakhout vir n kampvuur.
  8. Pamflette met volksliedjies.

TER INLIGTING:

  1. Indien persone nie die volle toer kan meemaak nie, kan daar wel by enige van die ander oornagpunte ingeskakel  word.  Reelings moet net vooraf getref word.
  2. Elk sal sorg vir eie slaapgerief(tent/woonwa) en eetgerei.   Oggend-ete is selfversorgend.
  3. Persone wat wil deelneem aan die konsert kan vooraf reel en n item lewer.  U is welkom.
  4. Geen besprekings is nodig nie.
  5. Volksgenote, kom betaal u Gelofte!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button