Nuwe Republiek Skool goed op dreef
AL die nuwe Graad 1's het goed aangepas en voel reeds tuis in hulle klasroetine. Hulle werk geesdriftig en die huiswerk het ook al begin. Ons verwelkom graag vir mej. Li-Jaan Louw, wat Maandag by ons personeel aangesluit het as die nuwe Graad 1-juffrou. Ons wens haar 'n lang en gelukkige verbintenis met NRS toe. …
AL die nuwe Graad 1's het goed aangepas en voel reeds tuis in hulle klasroetine.
Hulle werk geesdriftig en die huiswerk het ook al begin.
Ons verwelkom graag vir mej. Li-Jaan Louw, wat Maandag by ons personeel aangesluit het as die nuwe Graad 1-juffrou.
Ons wens haar 'n lang en gelukkige verbintenis met NRS toe.
Last week's Information Evening was well attended. Thank you to all our dedicated parents for your support. The school shop in the Ben Pienaar Hall is open during school hours for parents who would like to buy the new school uniform and sports clothes.
Daar is elke middag van Maandag tot Donderdag swemoefeninge.
Ons is al besig met o/9 tot o/13-uitdunne vir die gala in Februarie.
Ms Thuli Zulu had an operation last week. We keep her and her family in our prayers. Our thoughts are also with Mr Zebulon Juta, Mr Philamon Dladla and Ms Miriam Motaung who are receiving treatment in the hospital. Miss Lize Noomé who has just started her teaching career at NRS, accepted a position at a high school in Bloemfontein. We wish her well for her future.
Mev. Sonja Joubert is Vrydag in haar huis aangeval en beroof. Ons is baie dankbaar dat sy en haar kinders ongedeerd daarvan afgekom het.
Belangrike datums:
1 Februarie: Hengelkompetisie, Klipfonteindam
5 Februarie: VHS Aflosbyeenkoms
10 Februarie: Wintersport begin
13 Februarie: Inflatables Gr. R-3
14 Februarie: Inflatables Gr. 4-7
20 Februarie: NRS Gala
27 Februarie: Oueraand



