Lucas Meyer Skool sê dankie aan werkers
DIE netheid van geboue, skoolterrein en sportterreine is oor jare ‘n hoë prioriteit by ons skool. Hierdie groot verantwoordelikheid rus hoofsaaklik op die skouers van vyf departementele werkers ondersteun deur sewe werkers aangestel en vergoed deur die Beheerliggaam. Die positiewe gesindheid van hierdie werkers, wat selfs gedurende vakansietye en tydens sportnaweke, bereid is om take …
DIE netheid van geboue, skoolterrein en sportterreine is oor jare ‘n hoë prioriteit by ons skool.
Hierdie groot verantwoordelikheid rus hoofsaaklik op die skouers van vyf departementele werkers ondersteun deur sewe werkers aangestel en vergoed deur die Beheerliggaam.
Die positiewe gesindheid van hierdie werkers, wat selfs gedurende vakansietye en tydens sportnaweke, bereid is om take te vervul, verdien spesiale vermelding en ‘n groot dankie.
Beplanningsvergaderings word elke oggend gehou waar daar ook met gebed geopen word.
Adjunkhoof, Mej. Johanna Botha, ondersteun deur Mnr. André Bester en Mev. Marelise Joubert het hier ‘n wenresep tot voordeel van ons skool.
Hierdie werkers vorm deel van die Lucas Meyer Skool familie en verdien lof vir die werk wat hulle doen.
Namens ouers, personeel en leerlinge, “Siyabonga.”
Swemmers durf Chelmsford aan: Mej. Denielle Olivier sowel as enkele leerlinge het die afgelope naweek deelgeneem aan die Chelmsforddam swemkompetisie.
Baie geluk aan die volgende swemmers wat gekwalifiseer het vir medaljes: Mej. Denielle Olivier, Jana Schoeman, Muller Smith en Nadine van Wyk.
Skaaknuus: Drie van ons leerlinge het die afgelope naweek aan ‘n skaaktoernooi te Pretoria deelgeneem.
Stephan (Gr 6) en Petrie (Gr 4) de Wit het goeie rekenskap gegee terwyl die jongste boetie Marnus (Gr 0) ‘n eerste plek behaal het.
Baie geluk aan hierdie leerlinge.
Ons beplan om vanjaar skaakblootstelling ‘n groter prioriteit te maak vir ons leerlinge. ‘n Interne skaaktoernooi word reeds beplan vir vroeg in hierdie kwartaal.
Lucas Meyer Skool Kalender:
Woensdag, 29 Januarie – Graad 1 Koekverkoping
Woensdag, 5 Februarie – VHS Aflosbyeenkoms
Donderdag, 6 Februarie – LMS Velditems byeenkoms



