Local newsNewsSchools

Nuwe Landbouleerders breek die ys met moo-poo swem

DIE afgelope naweek, 25-26 Januarie, het die tradisionele opleidings- en orienteringskamp plaasgevind by Landbou. Die leerders was bang-opgewonde vir die avontuur wat wag. Die tradisionele moo-poo-swem het die ys gebreek. Dis 'n stinkspul, maar vir seker aanskoulike prettigheid wat elke nuweling 'n Landbouer maak op die tradisionele manier. Vanselfsprekend moet die stinkspul afgewas word en …

DIE afgelope naweek, 25-26 Januarie, het die tradisionele opleidings- en orienteringskamp plaasgevind by Landbou.

Die leerders was bang-opgewonde vir die avontuur wat wag. Die tradisionele moo-poo-swem het die ys gebreek.

Dis 'n stinkspul, maar vir seker aanskoulike prettigheid wat elke nuweling 'n Landbouer maak op die tradisionele manier.

Vanselfsprekend moet die stinkspul afgewas word en daarvoor was 'n welkome duik in die Nuwedam net die ding.

Waatlemoene is 'n gawe beloning en daarna weer 'n lekker tradisie. Waatlemoengeveg!

Die Landbou Race het die nuwelinge geneem na verskeie bakens en plekke wat hulle gedurende hulle loopbaan by Landbou baie gaan besoek. Plaas, sportveld en die plaasdam.

Sondagoggend is die span koppie-op! Die klim was moeilik vir die moeë lywe, maar die mooi uitsig was 'n wonderlike beloning.

Dis so 'n voorreg om oordenking te doen met die mooi uitsig oor Vryheid en die plaas oop voor jou oë.

Daarna het die groentjies 'n geleentheid gehad om baniere te maak wat die karakter van elke groep uitgebeeld het.

Seker die mees opvallende was die 'Brain Stormers' met 'n baie sterk 'groen/green' tema.

Hulle is beslis 'n groep om mee rekening te hou aangesien daar baie sterk gefokus word op herwinning by Landbou.

The Unbeatables se treffende slagspreuk is baie inspirerend.

“We strive for the utmost best, with 3000 feet above failure and be the best person you can be.”

The Jaguar team emphasized buzz words such as team spirit, wisdom, respect, God, appreciation.

Team Conqueror chose two inspirational slogans “Dream and Believe – Learn and Achieve”.

This is truely an unique group of learners with a very positive attitude and a lovely vibrancy amoungst them.

We welcome you to the lovely Landbou family and we wish you all the best of luck with your career at Landbou.

May all your dreams come true!

Thank you very much to each member of the Managing Body of Learners (MBL), gr 8 register teachers Mr. Moller and Miss Ngubane and a sincere thank you to Mr. Slump for all their positive inputs in the lives of the learners.

Congratulations on a very successful camp! We salute you!

Personeel: Ons verwelkom graag Mej. Lourens by Landbou. Sy gaan Tegnologie en EBW doseer. Ons wens haar sterkte toe en vertrou dat sy baie gelukkig gaan wees by Landbou.

Sport: Die jaarlikse interhuisatletiekbyeenkoms vind plaas op 30 – 31 Januarie waar die Veeboere- en Saaiboerespanne mekaar die stryd aansê op die atletiekveld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button