Local newsNewsSchools

Pionier soos visse in die water by die Midmar Myl

SWEM: Baie geluk aan almal wat die Midmar Myl oopwaterswem oor die naweek voltooi het. Jenna Breedt, Roland Breedt, Saartjie Erlank, Gustav Erlank, Euné Bosch, Maruschka Kruger, Xander van Heerden, Cleo Nel en Christopher Doust het die myl in goeie tye voltooi. Geluk aan Juf. Gerber wat ook geswem het. Atletiek: Dertig atlete neem die …

SWEM: Baie geluk aan almal wat die Midmar Myl oopwaterswem oor die naweek voltooi het.

Jenna Breedt, Roland Breedt, Saartjie Erlank, Gustav Erlank, Euné Bosch, Maruschka Kruger, Xander van Heerden, Cleo Nel en Christopher Doust het die myl in goeie tye voltooi.

Geluk aan Juf. Gerber wat ook geswem het.

Atletiek: Dertig atlete neem die naweek aan die Filidi-wyk deel.

Teen druktyd is die name van die leerlinge wat deurdring na die volgende rondte nog nie bekend nie.

Vir ‘n tweede jaar reën die Vryheid Hoër aflosbyeenkoms uit.

Personalia: Pionier neem afskeid van mnr. W. van Heerden, wat ‘n nuwe betrekking in Reitz aanvaar het.

Ons beste wense vergesel hom met al die nuwe uitdagings wat voorlê.

Program van die week:

13 Februarie: PUK Atletiek te Pretoria.

13 Februarie: Valentynsokkie.

14 Februarie: Valentynsdag.

15 Februarie: Opening van Natal Ringbal te Pionier.

15 Februarie: Atletiek te Vryheid Hoër.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button