Atlete presteer puik
Lucas Meyer Primêre Skool GESPREKSGELEENTHEID: Goeie kommunikasie tussen ouer en skool is van kardinale belang in die opvoedingsproses. Met spesiale gespreksgeleenthede soos die graad 4’s, graad 1’s en eerste fase oueraand reeds geskiedenis, nooi ons alle ouers van graad 4 – 7 leerlinge na die oueraand op Maandag, 17 Februarie vanaf 5:00nm tot 7:00nm. Baie …
Lucas Meyer Primêre Skool
GESPREKSGELEENTHEID: Goeie kommunikasie tussen ouer en skool is van kardinale belang in die opvoedingsproses.
Met spesiale gespreksgeleenthede soos die graad 4’s, graad 1’s en eerste fase oueraand reeds geskiedenis, nooi ons alle ouers van graad 4 – 7 leerlinge na die oueraand op Maandag, 17 Februarie vanaf 5:00nm tot 7:00nm.
Baie dankie aan elke ouer wat moeite doen om hierdie kosbare gespreksgeleenthede te benut.
Sportnuus: VHS Aflosbyeenkoms: Al ons aflosspanne het die VHS Aflosbyeenkoms op Woensdag, 5 Februarie terdeë geniet, terwyl daar ook goeie ondervinding opgedoen is.
Baie dankie aan personeel wat as beamptes opgetree het, ouers en leerlinge vir ondersteuning, asook aan Vryheid Hoërskool en in besonder Mnr. Pienaar vir ‘n puik program.
Filidi Streeksbyeenkoms: Verskeie van ons atlete het op Vrydag, 7 Februarie aan die Filidi Skole Atletiekbyeenkoms te Hoërskool Pionier deelgeneem en goeie rekenskap gegee.
LMS se personeel en ouers se betrokkenheid het daartoe gelei dat die byeenkoms suksesvol was.
In belang van vele atlete verdien hierdie personeel en ouers ‘n groot dankie.
Baie geluk aan die 36 leerlinge wat gekwalifiseer het vir deelname aan die Bhekuzulu Distrikbyeenkoms.
Tennis: Op Donderdag, 6 Februarie het Marlie Smit die Vryheid Streekspan te Dundee verteenwoordig tydens proewe vir Noord KZN.
Marlie eindig vyfde in die toernooi en word sodoende aangewys as reserwe vir die Noord KZN 0/13 Span.
Baie geluk aan Marlie wat as 0/12 speler hierdie prestasie behaal het.
Midmar swemmers: Die volgende swemmers het die afgelope Saterdag en Sondag aan die onderskeie Midmar swemkompetisies deelgeneem en medaljes verower: Denielle Olivier, Jana Schoeman, Lésa Swanepoel, Nicea Strydom, Jaco van der Merwe, Berné van Heerden, Muller Smith en Zander van Vuuren.
Baie geluk aan hierdie swemmers wat onder moeilike weersomstandighede vasgebyt het en hul items voltooi het.
Ruitersport: Baie geluk aan Christelle Robberts wat die afgelope naweek deelgeneem het aan ‘n ruitersportkompetisie te Middelburg waar sy drie derde plekke verower het.
LMS kalender:
Donderdag, 13 Februarie – LMS Baanitems, Hoërskool Pionier.



