Local newsNewsSchools

‘Mind Moves’ ‘n monumentale sukses by Lucas Meyer

SUKSESVOLLE Toerustingsgeleentheid: Die besoek van dr. Melodie de Jager, Direkteur van die “Mind Moves” Instituut aan ons skool op Vrydag en Saterdag, 21 en 22 Februarie was ‘n unieke hoogtepunt. Baie dankie aan die Beheerliggaam wat dit moontlik gemaak het, dat elke personeellid die geleentheid kon bywoon. ‘n Groot groep kollegas van ander skole sowel …

SUKSESVOLLE Toerustingsgeleentheid: Die besoek van dr. Melodie de Jager, Direkteur van die “Mind Moves” Instituut aan ons skool op Vrydag en Saterdag, 21 en 22 Februarie was ‘n unieke hoogtepunt.

Baie dankie aan die Beheerliggaam wat dit moontlik gemaak het, dat elke personeellid die geleentheid kon bywoon.

‘n Groot groep kollegas van ander skole sowel as ouers het die geleentheid bygewoon en kon nie uitgepraat raak oor die kennis wat opgedoen is nie.

“Mind Moves” het verskeie vertakkinge, maar fokus primêr om die brein te stimuleer om wawyd wakker te wees.

Dit is ook ‘n waardevolle gids vir onderwysers en ouers wat leerblokkasies by kinders teëkom en dit moet aanspreek.

Afgesien van begrip wat aangespreek is, bied die kursus eenvoudige oefening wat die brein stimuleer, vaardighede ontwikkel en uiteindelik prestasie verbeter.

Baie dankie aan Mej. Johanna Botha wat die reëlings gekoördineer het, sowel as aan almal wat hierdie unieke geleentheid kon bywoon.

Atletiek: ‘n Groot groep atlete het op Vrydag, 21 Februarie deelgeneem aan die Zululand Streek Atletiekbyeenkoms te Ulundi.

Voorlopige terugvoer is dat verskeie atlete mooi presteer het, maar daar sal volledig verslag gedoen word sodra die amptelike uitslae ontvang is.

Baie dankie aan Mev. Marelise Joubert vir haar betrokkenheid om reëlings by ons ouers te kry.

Dankie ook aan al ons ouers wat atlete na Ulundi vervoer het.

LMS Kalender:

27 Februarie – Streeksgala te Pionier

27 Februarie – Speletjiesaand

28 Februarie – Rugby/Netbal wedstryde teen Arboretum

06 Maart – LMS Gala te Nardini

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button