‘Colour Fest’ ‘n kleureprag
PIONIER hou laas week Dinsdag die eerste Colour fest in Pionier se geskiedenis. Die leerlinge het dit vreeslik geniet! Ons hoop dit kan ‘n instelling op Pionier se kalender word! Wintersport te Piet Retief: Die wintersport skop af met ‘n groot lawaai. Hierdie vriendskaplike wedywering teen Piet Retief was net wat Pionier nodig gehad het …
PIONIER hou laas week Dinsdag die eerste Colour fest in Pionier se geskiedenis.
Die leerlinge het dit vreeslik geniet! Ons hoop dit kan ‘n instelling op Pionier se kalender word!
Wintersport te Piet Retief: Die wintersport skop af met ‘n groot lawaai. Hierdie vriendskaplike wedywering teen Piet Retief was net wat Pionier nodig gehad het as laaste voorbereiding vir die superreeks wat hierdie naweek teen Hoërskool Wagpos begin.
Rugby: o/14B speel goeie rugby en wen 5-0, o/14A verloor 7-21 en o/15A verloor 5-28.
Die o/16B-span verloor 0-44 en o/16A verloor 7-35.
Die tweedespan wen met ‘n puik telling van 27-13 en die eerstespan hou Pionier se naam hoog deur 22-15 te wen.
Netbal: Die jong o/14A-span speel uitstaande netbal en wen 15-11, o/15A verloor 14-9, o/16A verloor 14-9.
Die tweedespan wys goeie sportmangees en wen 17-7. Die eerstespan toon veggees en byt tot die einde vas.
Hulle speel aanskoulike netbal en verloor die wedstryd slegs met een punt 17-18.
Hokkie: Die o/14A-span verloor 2-5 en o/15A wen deur in die tweede helfte terug te veg en 3-1 die bordjies te verhang.
Die o/16A-span verloor in die doodsnikke 0-1, die tweedespan verloor 0-1 en die eerstespan dogters verloor 1-4.
Die eerstespan seuns verloor 1-3.
Skyfskiet: In die o/21-veerafdeling ontvang Mari Myburgh ‘n eersteplek en Morné le Roux ‘n tweedeplek.
In die o/21-sporterafdeling skiet Louise Martens die eersteplek los, met Lize Claassen in die vierdeplek.
In die o/16 veerklas is Heinrich Harris eerste en broer, Johan Harris, tweede. James Visagie wen die o/16 sporterklas met Teana Janse van Vuuren in die derdeplek en Celine Erasmus in die vierdeplek.
In die o/14- sporterklas eindig Pieter Claassen eerste. Geluk aan al die ander Pionier skuts wat ook puik presteer het.
Krieket: Baie geluk aan Gavin Bosman wat die naweek aan krieketproewe te Ladysmith deelgeneem het.
Die uitslae was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.



