Local newsNewsSchools

Spoggerige superreeks bepaling tuis

Hoërskool Pionier SUPERREEKS uitslae teen Ligbron: Rugby: Die o/14A-span speel gelykop 0-0, o/15A verloor 7-22, o/16A verloor 0-20, die tweedespan verloor 13-20 en die Liberty Pionier eerstespan verloor 15-36. Netbal: o/14A speel gelykop 7-7; o/15A verloor 6-18; o/16A verloor 7-13, die tweedespan wen 12-1 en die eerstespan verloor 18-20. Hokkie: o/14A verloor 0-6; o/15A 1-2, …

Hoërskool Pionier

SUPERREEKS uitslae teen Ligbron:

Rugby: Die o/14A-span speel gelykop 0-0, o/15A verloor 7-22, o/16A verloor 0-20, die tweedespan verloor 13-20 en die Liberty Pionier eerstespan verloor 15-36.

Netbal: o/14A speel gelykop 7-7; o/15A verloor 6-18; o/16A verloor 7-13, die tweedespan wen 12-1 en die eerstespan verloor 18-20.

Hokkie: o/14A verloor 0-6; o/15A 1-2, o/16A 0-3; die tweedespan verloor 1-2 en die eerstespan dogters byt die spit af met ‘n telling van 0-5. Die eerstespan seuns verloor 0-2.

Superreeks uitslae teen Hoërskool Tuine:

Rugby: o/14A wen met ‘n reuse telling van 55-0; o/15A verloor 0-8. o/16A wen 34-7. Die tweedespan wen 24-3 en die Pionier Liberty eerstespan wen met ‘n goeie telling van 18-8. Baie geluk!

Netbal: Die o/14A-span sit ‘n groot telling op die bord teen Tuine, 23-2; o/15A verloor 2-33, o/16A verloor 7-12. Die tweedespan wen 20-14, hierdie span is sover onoorwonne in die superreeks. Die eerstespan speel ‘n uitmergelende wedstryd maar veg terug en wen 30-26.

Hokkie: o/14A wen 11-0, o/15A wen 7-0, o/16A wen 7-0. Die tweedespan wen 2-0 en die eerstespan wen 3-0. Baie geluk met die onoorwonne tellings teen Tuine!

Pionier Oratorsaand: Baie geluk aan die volgende leerlinge wat plekke by die jaarlikse oratorsaand behaal het.

By die seniors wen Jana Grobbelaar, gevolg deur Anke Gröpp, Bianca Wagener en Annelize Roux.

In die juniorouderdomsgroep wen Carmen Gröpp, Waldo van der Westhuizen is tweede en Pieter Claassen derde.

Chezelle Stear behaal ‘n vierdeplek. Hierdie redenaars neem eersdaags aan die ATKV-redenaarskompetisie se eerste uitdunrondtes deel.

Driekamp: 13 leerlinge vertrek na Pietermaritzburg om by die Midmardam aan die Cordwalles Mudman deel te neem.

Geluk aan die volgende leerlinge wat deelgeneem het: Richard Delport; Zipo Ngubane; Dijan du Plooy; Anneke Jordaan; Henco Rheeder; Euné Bosch; Corneil Fourie; Roné van Heerder; Charlotte Prinsloo; Maruschka Kruger; Ruan Naudé; Cheselle Stear en Christopher Doust.

Juf Gerber het ook deelgeneem, geluk!

Swem: Pionier wens Jaco Schutte baie geluk met sy kwalifisering vir die Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe wat in Durban plaasvind. Ons hou jou dop, Jaco!

Verdere uitslae van die KZN atletiekkampioenskappe en die EG Jansen redenaars volg volgende week.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button