Local newsNewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – Trots op ons uitblinkers

SUKSESVOLLE Interhuisgala: Die reënweer het tot gevolg gehad dat ons gala geskuif is na Woensdag, 12 Maart. ‘n Pragtige dag is beleef en ons swemmers kon hul beste gee. Baie geluk aan die volgende uitblinkers: Seuns 0/7: JC Botha; Dogters 0/7: Elizabeth Liversage; Seuns 0/8: Kyle Barsdorff en Dogters 0/8: Jasmin van Rooyen. Meeste punte …

SUKSESVOLLE Interhuisgala: Die reënweer het tot gevolg gehad dat ons gala geskuif is na Woensdag, 12 Maart.

‘n Pragtige dag is beleef en ons swemmers kon hul beste gee.

Baie geluk aan die volgende uitblinkers: Seuns 0/7: JC Botha; Dogters 0/7: Elizabeth Liversage; Seuns 0/8: Kyle Barsdorff en Dogters 0/8: Jasmin van Rooyen. Meeste punte behaal: Seuns 0/9: Pierre Grobler; Dogters 0/9: Ilani Lathleiff en Seuns 0/14: Dewald Maritz.

Dirk Grobler is die Junior Victor Lodorum en Nadine van Wyk, die Junior Victrix Lodorum.

Muller Smith is die Senior Victor Lodorum en Berné van Heerden, die Senior Victrix Lodorum.

Die Koedoes het as wenners uit die stryd getree.

Baie dankie aan Mnr Pieter Venter en ons werkers vir deeglike voorbereidings.

Baie dankie aan personeel en ouers wat as beamptes opgetree het.

‘n Spesiale dankie aan Mnr Pierre van Wyk en Mev Nelda Bosch en Heidi van Heerden wat as hoofbeamptes opgetree het.

Nardini skool verdien ook ‘n groot dankie vir die gebruik van hul fasiliteite.

Skaaktoernooi: Op Vrydag, 14 Maart is 94 skaakspelers van Lucas Meyer, Dundee Laerskool asook NRS by ons verwelkom.

Daar is in 3 kategorieë meegeding volgens graadgroepe.

Baie geluk aan die volgende wenners: Gr. R – Gr. 2 : Dewald Harris (LMS) 1ste plek; Leslie Westermeyer (LMS) 2de plek en Marnus de Wit (LMS) 3de plek.

Gr. 3 – Gr. 5 : Petrie de Wit (LMS) 1ste plek; Jano Strydom (LMS) 2de plek en SW Meintjies (Dundee) 3de plek.

Gr. 6 – Gr. 7 : Stephan de Wit (LMS) 1ste plek; Jeremy Maistry (Dundee) 2de plek en Tasheel Sewpersad (Dundee) 3de plek.

Baie dankie aan Mnr. Leon Lombard wat as fasiliteerder opgetree het, sowel as ouers wat as beamptes gehelp het.

Deelname Heuwelland toernooi: Op Saterdag, 15 Maart het ons ope netbal- en hokkiespanne na Empangeni gereis vir deelname aan die Asjas Steenkamp Toernooi.

Die uitslae:

Hokkie: LMS (5) Richardsbaai (0) en LMS (5) Arboretum (0).

Netbal: LMS (7) Richardsbaai (2) en LMS (3) Arboretum (11).

Baie geluk aan die volgende hokkiespelers wat sertifikate vir uitstaande spel ontvang het: Nicea Strydom; Janneke Schwab en Lisa Grobbelaar.

Baie dankie aan personeel en ouers wat deelname aan die toernooi moontlik gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button