Hoërskool Pionier – EG Jansen redenaarspanne deur na finale rondte
Hoërskool Pionier is baie trots op hulle jong atlete.
BAIE geluk aan Jana Grobbelaar en Carike Odendaal in die senior afdeling wat die uitdunrondte te Pionier gewen het.
In die junior afdeling het Carmen Gröpp en Chezelle Stear ‘n tweedeplek behaal.
Beide hierdie spanne neem Woensdag, 26 Maart, by
Werda in Durban aan die finale rondte deel. Flinke redenasies en rustige senuwees kan van Pionier ‘n wenspan maak.
Atletiek: Baie geluk aan Bea-Marié Schutte en Anneri Lens wat aan die SA skolekampioenskappe van 27-29 Maart deelneem.
Baie sterkte, dogters. Pionier hou duime vas! Bea-Marié Schutte neem ook aan die Senior Natal Kampioenskappe deel. Sy behaal twee eersteplekke in die 100m- en 400m hekkies.
Swem: Baie geluk aan Jaco Schutte met sy uitslae van die vlak twee swembyeenkoms te Ellispark.
Jaco behaal eersteplekke in die 50m vryslag en 50m vlinderslag, twee tweedeplekke in die 50m borsslag en 200m individuele wisselslag.
Hy behaal ook ‘n derdeplek in die 100m vryslag. Baie Geluk, Jaco!
Netbal: Geluk aan al die netbaldogters wat deur is na die volgende rondte van netbalproewe, sterkte!
Toere: Die vakansie toer al Pionier se eerstespanne na verskeie kursusse en sportweke.
Die Pionier Liberty eerste rugbyspan neem aan die VHS rugbyweek in Vryheid deel.
Die hokkiedogters vertrek na Bloemfontein om aan ‘n kursus by Kovsies deel te neem, terwyl die netbalspan vir ‘n kursus by Konka in die Magaliesberge vertrek.
Baie sterkte aan al die leerlinge en personeel wat die toere meemaak.



