Local newsNewsSchools

LMS – Welgedaan aan ons jong sterre

Lucas Meyer Primêre Skool se kinders presteer.

TWAALF LMS atlete het onlangs deelgeneem aan die KZN Junior Kampioenskappe te Durban naamlik: 0/10: Hanske Putter; Jacques van Nieuwenhuizen en Nadine van Wyk. 0/11: Claudia Botes en Cole van Rooyen. 0/12: Duemarie Swart; Arnau Bosch; Eckhart Potgieter en Jacques Erwee. 0/13: Zandri Meyer; FP de Villiers en SW Craig.

Die volgende behaal eerste plekke: Arnau Bosch (Spiesgooi); Eckhart Potgieter (150m Hekkies); Jacques Erwee (Werpskyf) en Zandri Meyer (Werpskyf en Gewigstoot).

Eckhart Potgieter en Zandri Meyer het gekwalifiseer vir deelname aan die SA Junior Kampioenskappe in die Paarl.

Slegs Zandri Meyer kon egter gaan deelneem, waar sy ‘n puik 4de plek in Werpskyf behaal het.

Baie geluk aan ons atlete en in besonder vir Zandri met ‘n mooi prestasie op SA-vlak.

Skaakspelers genooi vir deelname aan SA Junior Skaakkampioenskappe: Baie geluk aan Stephan en Petrie de Wit wat vanaf 30 Maart tot 6 April te Paul Roos Gimnasium gaan deelneem aan die Geslote SA Kampioenskappe.

Mag die skaakbreine flink en wakker wees!

Spelers in Vryheid streekspanne: Baie geluk aan die volgende seuns wat na hul onderskeie rugbyproewe ingesluit is in die Vryheid Streekspanne:

0/12 Jacques Erwee; Eckhart Potgieter; Marnus Christie; Danie Nel en Cornelius Opperman. 0/13 A-span: Dylan van Wyk; SW Craig; DJ Koekemoer; JJ Foord; Ruan Muller en Ryno Swanepoel. B-span: FP de Villiers; Spencer Muller; Wian Davel; Marnus Smith en Muller Smith.

LMS Kalender

7 April 2014 – Skole heropen

12 April 2014 – Wintersport Mini-toernooi (Piet Retief)

14 April 2014 – Praatjie : Dr Melodie de Jager

17 April 2014 – LMS Paasdiens : NG Suid-Oos

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button