NewsSchools

Hoërskool Pionier – Nege spanne in finaal

Jana Grobbelaar en Carike Odendaal wen die senior afdeling van die EG Jansen redenaarskompetisie vir die tweede jaar in 'n ry.

SUPERREEKS semi-finaal:

Hokkie: Al die hokkiespanne wen in die semi-finaal hul wedstryde en speel dus vir die eersteplek teen Ligbron.

Die o/16’s wen 6-1 teen Dinamika, o/15A wen 2-0 teen Bergsig. Die o/16 span wen 4-0 teen Brandwag terwyl die tweedespan 1-0 teen Brandwag wen.

Die eerstespan speel ‘n sunutergende wedstryd teen Brandwag en wen met die strafdoel uitskietkompetisie 5-3.

Netbal: o/14A wen 16-14 teen Bergsig en speel vir ‘n eersteplek teen Dinamika. o/15A wen 19-13 teen Gerrit Maritz.

o/16A verloor 9-28. Die tweedespan is steeds onoorwonne met ‘n telling van 16-15 teen Dinamika. Die tweedespan speel vir die eersteplek teen Brandwag.

Die eerstespan verloor 14-30 teen Dinamika.

Rugby: Die 0/14A-span wen 32-7 teen Bergsig en speel nou vir ‘n eersteplek teen Ligbron. Die o/15’s verloor 24-26 teen Bergsig. Die o/16’s verloor 5-12 en speel uit vir ‘n derdeplek . Die tweedespan wen 28-15 teen Brandwag en speel vir ‘n eersteplek teen Ligbron. Die Liberty eerstespan verloor 16-18 teen Brandwag.

ATKV-redenaars: Baie dankie vir die afloop van ‘n suksesvolle eerste rondte van die ATKV-redenaars te Pionier. Die uitslae volg spoedig.

Atletiek: Bea-Marie Schutte neem aan die SA Skole Atletiek deel in die o/19-ouderdomsgroep. Sy behaal ‘n tweedeplek in die 100m. By die ASA kampioenskappe het Bea ‘n sesdeplek in die 100m hekkies behaal. Tydens die SA Senior Kampioenskappe neem sy aan die 100m hekkies deel en behaal uitstekende tye teen die top atlete van die land.

Swem: Jaco Schutte neem aan die SA Junior Kampioenskappe te Kingspark deel. In die 50m vlinderslag behaal hy ‘n derdeplek. In die 200m wisselslag behaal hy ‘n vierde plek. In al vyf sy items neem hy in die finaal deel. Baie geluk, Jaco!

EG Jansen Redenaars: Baie geluk aan Jana Grobbelaar en Carike Odendaal wat die senior afdeling van die redenaarskompetisie vir die tweede jaar in ‘n ry gewen het.

Die juniorspan bestaande uit Carmen Gröpp en Chezelle Stear het hulself ook uitstekend van hul taak gekwyt en ‘n goeie posisie behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button