Vlak 1 en 2 Streeks swemkampioene vir Ferrum
Ferrum Hoërskool het drie swemmers uit ‘n span van 12 wat Newcastle Klub verteenwoordig het by die Level 1 SA Regional Championships. Op 28-30 Maart, het Cornel-Mari van der Merwe, Arno van Zyl en Francois Weyers te Bloemfontein Ferrum se naam hoog gehou. Francois het deurgedring na twee finale met een silwer- en een brons …
Ferrum Hoërskool het drie swemmers uit ‘n span van 12 wat Newcastle Klub verteenwoordig het by die Level 1 SA Regional Championships. Op 28-30 Maart, het Cornel-Mari van der Merwe, Arno van Zyl en Francois Weyers te Bloemfontein Ferrum se naam hoog gehou.
Francois het deurgedring na twee finale met een silwer- en een brons medalje. Arno het deurgedring na nege finale met twee goue-, twee silwer- en twee brons medaljes.
Op 20-23 Maart het Ferrum ook agt swemmers uit ‘n span van 14 gehad wat Newcastle Klub verteenwoordig het by die Level 2 SA Regional Championships. Newcastle Klub het 12de uit 44 klubs geëindig met die meisies in die sesde plek, en die seuns die 19de plek verwerf het.
Cameron Fraser kry een brons medalje, Francois Viviers dring deur na sewe finale en verwerf een brons medalje en Rudi Siecker dring deur na agt finale en verwerf twee brons medaljes.
Abigail Peters dring deur na twee finale en verwerf een goue medalje, Vanessa van der Merwe dring deur na vier finale en word beloon met ‘n goue medalje. Skye van der Merwe dring deur na agt finale en verwerf een goue- en een silwer medalje.
Sabrina Filipe dring deur na nege finale en verwerf vier goue- en drie silwer medaljes en Vicky van der Merwe dring deur na tien finale en verwerf vier goue-, twee silwer- en twee brons medaljes.



