Wetenskap EXPO
Op 23 en 24 April het Hoërskool Volksrust hul tweede Wetenskap EXPO met groot sukses aangebied. 180 Graad 8- en 9-leerlinge het op Woensdag, 23 April aan die Junior EXPO deelgeneem en ongeveer 90 Graad-10 en 11- Fisiese Wetenskappe-leerlinge het aan die Senior EXPO op Donderdag, 24 April deelgeneem. Leerlinge het volop kreatiwiteit aan die …

Op 23 en 24 April het Hoërskool Volksrust hul tweede Wetenskap EXPO met groot sukses aangebied.
180 Graad 8- en 9-leerlinge het op Woensdag, 23 April aan die Junior EXPO deelgeneem en ongeveer 90 Graad-10 en 11- Fisiese Wetenskappe-leerlinge het aan die Senior EXPO op Donderdag, 24 April deelgeneem.
Leerlinge het volop kreatiwiteit aan die dag gelê en die deelnemers het met ongelooflike interessante projekte vorendag gekom. Die hoofdoel van hierdie EXPO was om leerlinge aan te moedig om die kennis wat hulle in die klas opgedoen het, prakties toe te pas en sodoende ook hul algemene kennis rakende die wetenskappe uit te brei.
‘n Paneel van 14 beoordelaars het die strawwe taak gehad om al die projekte oor die twee aande te beoordeel. 30 leerlinge word nou gekies om deur te gaan na die volgende ronde en verteenwoordig Hoërskool Volksrust by die streeks-expo in Secunda gedurende Julie. Volksrust Hoërskool wil langs hierdie weg hul dank betuig aan elke beoordelaar asook aan alle ouers vir hul ondersteuning.



