NewsSchools

Volksrust finale hokkieproewe

Maandag en Dinsdag het die finale hokkieproewe by Witbank plaasgevind waar die dogters puik gevaar het. By die o/18 proewe het Anke Houy die A span gehaal en haar sussie, Daniel Houy, die B span. Hulle gaan gedurende die eerste week van die vakansie in Durban by Kearsney College deelneem. By die o/16 proewe het …

Maandag en Dinsdag het die finale hokkieproewe by Witbank plaasgevind waar die dogters puik gevaar het. By die o/18 proewe het Anke Houy die A span gehaal en haar sussie, Daniel Houy, die B span. Hulle gaan gedurende die eerste week van die vakansie in Durban by Kearsney College deelneem.

By die o/16 proewe het Inge Houy die A span gehaal. Daleen Duminy en Sonet du Toit het albei die o/16 B span gehaal. Hierdie leerlinge neem deel aan die Nasionale Hokkietoernooi.

Drie van ons leerlinge is ook gekies om as skeidsregters op te tree by die Nasionale Hokkietoernooi. Hulle is Carlien Senekal, Luzaan Uys en Willney van der Merwe. Baie geluk aan al die bogenoemde dogters. Ons wens hulle voorspoed toe met die toernooie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button