Volkies verteenwoordig by die Winterfees.
Volkies het hierdie jaar weer gaan skou in Newcastle by die Winterfees. Vanaf die 30ste April tot en met die 3de Mei was Volkies se stalletjie ter besigtiging. Huidige, toekomstige en oud-volkies het die stalletjie besoek. Oud-volkies wat in 1956 gematrikuleer het was diep geraak deur hul alma mater en het ou staaltjies met die …

Volkies het hierdie jaar weer gaan skou in Newcastle by die Winterfees. Vanaf die 30ste April tot en met die 3de Mei was Volkies se stalletjie ter besigtiging. Huidige, toekomstige en oud-volkies het die stalletjie besoek. Oud-volkies wat in 1956 gematrikuleer het was diep geraak deur hul alma mater en het ou staaltjies met die personeel teenwoordig gedeel.
Dit was weereens ‘n groot sukses en ons bedank graag die hoof, onderwysers, beheerliggaamslede, ouers en leerlinge wat regtig uit hul pad gegaan het om ons skool op só ‘n uitstekende wyse te bemark.Volkies sien uit daarna om die toekomstige leerlinge op die 8ste Augustus 2014 te ontvang vir ons jaarlikse Opedag. Ons beloof om dit ‘n onvergeetlike ondervinding te maak vir die aspirant Volkies.



