NewsSchools

Nuwe Republiek Skool – NRS spog met sy swemmers

Die trofee vir Victor Ludorum word gedeel deur Leo Mattison en Zander van Greuning, terwyl Ariane Janse van Rensburg die Victrix Ludorum is. Ariane is ook aangewys as die beste swemmer van die dag. Baie geluk aan al hierdie swemmers!

 

OP VRYDAG, 13 Maart, het NRS sy jaarlikse gala vir o/9- tot o/14-swemmers, gehou.

Tydens die interne prysuitdeling wat op die dag plaasgevind het, het die volgende swemmers trofeë ontvang:

Wayne Janse van Rensburg vir seuns o/10 vryslag en borsslag; Nikita Hughes vir dogters o/10 vryslag en borsslag; Zander van Greuning vir seuns o/11 vryslag, rugslag en borsslag; Arushka Singh vir dogters o/11 vryslag; Marjoné Janse van Rensburg vir dogters o/11 borsslag; Jacqueline Kruger vir dogters o/12 rugslag; Kiara Derby vir dogters o/12 vryslag; Leo Mattison vir seuns o/12 borsslag en seuns individuele wisselslag; Ariane Janse van Rensburg vir dogters individuele wisselslag; Danielle van Staden vir dogters o/13 vryslag, rugslag, borsslag en vlinderslag; en Joshua Stoltenkamp vir seuns o/13 borsslag.

Die trofee vir Victor Ludorum word gedeel deur Leo Mattison en Zander van Greuning, terwyl Ariane Janse van Rensburg die Victrix Ludorum is. Ariane is ook aangewys as die beste swemmer van die dag. Baie geluk aan al hierdie swemmers!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button