Lucas Meyer Primêre Skool – Redenaars trofee keer terug na LMS rak vir die derde jaar
Met die onderwerp: 'Suid-Afrika, ons kleurvolle reenboognasie' het Tiaan eerstens klem gelê op die belangrikheid van omgee, saamstaan en barmhartigheid en daarna het Chené die waarde van geregtigheid, die Suid-Afrikaanse effekte-beurs en toerisme in Suid-Afrika bespreek. Saam het hulle die beeld van ons pragtige reenboog, Suid-Afrika, uitgebeeld en die beoordelaars aan hul lippe laat hang.
OP MAANDAG, 23 Maart, het Lucas Meyer leerders, Tiaan Marais en Chené Stear, deelgeneem as ‘n span aan die EG Jansen Redenaarskompetisie om die skool te verteenwoordig.
Tiaan, graad 7 en Chenè, graad 6, het by Kuswag in Amanzimtoti gaan deelneem teen die ander vyf finalis skole. Met die onderwerp: ‘Suid-Afrika, ons kleurvolle reenboognasie’ het Tiaan eerstens klem gelê op die belangrikheid van omgee, saamstaan en barmhartigheid en daarna het Chené die waarde van geregtigheid, die Suid-Afrikaanse effekte-beurs en toerisme in Suid-Afrika bespreek. Saam het hulle die beeld van ons pragtige reenboog, Suid-Afrika, uitgebeeld en die beoordelaars aan hul lippe laat hang. Baie geluk aan Tiaan en Chené wat gesorg het die trofee vir die derde agtereenvolgende jaar op LMS se rak kan pryk. Tiaan is ook aangewys as die beste junior spreker.
ATKV Redenaars: Baie geluk aan Anrie Janse van Rensburg, graad 7, Tiaan Marais, graad 7, Chené Stear, graad 6 en Janus Pretorius, graad 5 wat deurgedring het na die semi-finale rondte van die ATKV redenaarskompetisie. Hierdie leerders neem op 30 Mei 2015 deel by Amajuba Skool in Newcastle. Ons is trots op julle.
LMS se perderuiters: Hulle is alreeds weer voluit aan die gang en presteer as volg: Landi Erasmus: Vlak 1; derde Working Riding en derde Performance Riding op Vrystaat; Nina Terblanche: Vlak 2; eerste Dressage; tweede Dressage; vierde Equitation en vierde Working Hunter op Fleur; Bernè van Heerden: Vlak 3; eerste Performance Riding en sesde Working Riding op Assign the Assassin; Vlak 5; eerste Dressage; derde Working Hunter; sewende Spring en sewende Dressage op Bellade; Vlak 6; tweede Equitation op Bellade en Vlak 7; tweede Performance Riding op Bellade.
Kalender
15 April – LMS Skaaktoernooi
16–17 April – Diskonto boeke
20 April – Wintersport: JNR Piet Retief, SNR Monument



