DIE o/11A – rugbyspan het gaan deelneem aan die strawwe rugbyweek by Volksrust wat aangebied word deur Laerskool Pionier.
Hulle bied elke jaar twee rugbyweke na mekaar aan en LMS het aan hul week twee deelgeneem. Die vyf skole wat deelgeneem het, is van Mpumalanga, Limpopo en Vrystaat. Hierdie is almal skole wat klipharde rugby speel en die wedstryde was almal van baie hoë standaard.
Ons span het vyf wedstryde gespeel waarvan hulle drie gewen en twee gelykop gespeel het: LMS vs Kruinpark (12 – 12), vs Marietjie van Niekerk (22-14), vs Volkskool (7-7), vs Nylstroom (19-5), vs Oranjegloed (57-0).
Die volgende vyf seuns word aangewys as spelers van die wedstryd van die onderskeie wedstryde: Jean Louw, Hubert Bredenhann, Hermanus Steenkamp, Jayden Wilson, AJ Knoetze. Die trofee vir die agterspeler van die toernooi wat die beste spel gelewer het, word toegeken aan AJ Knoetze. Ons LMS span druk ook die meeste drieë (19) tydens die toernooi en was die enigste onoorwonne 0/11 span gewees. Ons ontvang die skild as algehele wenspan en elke speler kry ’n goue medalje. LMS is baie trots op hierdie seuns wat deurgans goeie gedrag getoon het en baie “guts” gewys het.
Hokkietoer na Pietermaritzburg: Verskeie ouers van Lucas Meyer het, met ruim borge, dit moontlik gemaak dat die eerste hokkiespan ‘n toer kon meemaak na Pietermaritzburg. Die eerstespan het pragtig vertoon met hul splinternuwe eerstespandrag, geborg deur At Moolman Makelaars. Verskeie ouers het die toer meegemaak en ook met die vervoer van die leerlinge gehelp. Ons waardeer u moeite met u teenwoordigheid in Pietermaritzburg. Baie dankie aan mev Hanneline Grobbelaar en mev Wilna van den Berg vir al jul insette met ons hokkiedogters. Hulle het vanaf 26 tot 28 Maart verskeie wedstryde op astro – hokkievelde gespeel en die uitslae was as volg: Lucas Meyer wen 4 -0 teen St.John’s; wen 2-0 teen Laddsworth; wen 1 -0 teen Pelham; wen 6-0 teen Gert Maritz en LMS verloor 0-1 teen Voortrekker Hoër se o/14 span. Hokkie tweede span Utrecht toernooi LMS se tweede hokkiespan neem deel aan die Utrecht Nashua- Sportweek 25 -28 Maart. Die dogters speel vyf wedstryde gedurende die week waarvan hulle onoorwonne uit die stryd tree.Wedstryde is gespeel teen eerste spanne van: Glencoe 0-0,Veld en Vlei 3-0,Paulpietersburg 0-0 en Michealis Schule 2-1 en Glencoe se tweedespan 5-0. Baie dankie mev. Minnike Burger en Annelie Smith wat die span vergesel het. Kalender: 1 April tot 4 April: LMS Rugbyweek



