Hierdie jaar het drie Graad 6 dogters van Ichthus Christelike Skool die moed aan die dag gelê om aan die jaarlikse ATKV Redenaarskompetisie deel te neem. Ja-nee, dit is geen grap om voor ‘n hele saal te probeer om jou standpunt te stel nie, veral as dit onvoorbereide toesprake ook insluit!
Ichthus wens vir Anél de Goede, Tiana Maritz en Bianca Meintjes baie geluk met hulle deelname aan die Redenaars en vertrou dat die ondervinding wat hulle hierdie jaar opgedoen het, hulle na groot hoogtes in die toekoms sal lei. Baie dankie aan die ouers en Mev Zelma Emslie wat hulle met die voorbereiding gehelp het.
Kriekettoer na Vereeniging:
Ses van Ichthus se seuns, Drémar Jacobs, Preston Caldecott (Kaptein KZN), Andrew Tiley, Thayne Tiley, Hamish Grierson en Hayden Caldecott, het ‘n baie geseënde kriekettoer na Vereeniging beleef!
Die skool bedank Yvonne Tiley en die ouers wat die kinders vergesel het. Baie geluk aan Preston Caldecott wat vir die SACSSA Nasionale krieketspan gekies is! Mooi so, aan al entoesiastiese krieketspelers!



