AL IS die winter om die draai, skrik Pionier nie vir die koue nie.
Die leerders is steeds aan die presteer en hou Pionier se naam hoog.
Rugbyproewe: Sewe van Pionier se o/18 rugbyspelers en drie van ons o/16 spelers is gekies as deel van die begin 15-tal vir die NKZN rugby. Nog vyf o/18 en twee o/16s het op 28 April deelgeneem aan die Zululandproewe in Empangeni. Baie geluk aan die volgende seuns wat deurgaan na die Natalproewe: o/16: Chris van Heusden en Johnny Blaauw. o/18: Franco Botha, Clifferd Jacobs, Christiaan Swanepoel, Ryan van der Westhuizen, Rudi Potgieter, Juanwinn Warden, Riaan le Roux. Op Sondag, 3 Mei het die volgende spelers aan ‘n vaardigheids-opleidingskursus deelgeneem: Wimpie Steenkamp, Marco Fuhri, Evert Potgieter en Nathan Viljoen.
Netbalproewe: Geluk aan die volgende dogters wat by die KZN netbalspanne ingesluit is: As nie-reisende reserwes: Lesa Swanepoel (o/14), Melissa Harmse (o/16), Mia van Rooyen (o/16) en Lorinda Palmer (o/16). As deel van die finale KZN spanne: o/15: Leandri Harmse, 0/16: Zelna Marais en Natasha Kleyn, o/17: Jessica Taylor en o/18: Simoné Bornman en Ashley Reimers.
Hokkieproewe: Nege van Pionier se o/14 hokkiespelers het die naweek van 25 en 26 April aan ‘n hokkietoernooi in Pietermaritzburg deelgeneem as deel van die Zululand-streek waar hulle moontlik gekies kon word vir die KZN-hokkiespan. Baie geluk aan Nosihle Xaba wat gekies is as ‘n nie-reisende reserwe vir die KZN A-span, sy is gekies as doelwagter vir die KZN B-span.
Die o/16 en o/18 hokkiespelers het die afgelope naweek aan dieselfde toernooi deelgeneem in Pietermaritzburg en hulle uitslae sal in die week aan die skool bekendgemaak word.
Inyanga borg: Pionier wil graag vir meneer Williams van Inyanga Motors, Vryheid bedank vir sy positiewe houding teenoor ons skool en vir die pragtige motor waarmee Pionier mag rondry. Dit is puik bemarking vir beide Pionier en Inyanga Motors.
Ruitersport: Baie geluk aan Christelle Liebenberg wat die afgelope naweek aan ruitersport deelgeneem het in Middelburg aan die tweede kwalifiseerder. Haar resultate lyk soos volg: Dresser Level 1: Toets 2: 2de plek. Toets 3: 3de plek. Working Riding Level 3: 2de plek. Performance Riding Level 3: 2de plek.
Karate: Zurike Marais en Cailynn Scott het albei junior swartbelde verwerf. Baie geluk aan hierdie twee dogters.
EG Jansen redenaars: Baie geluk aan Jana Grobbelaar en Carmen Gropp wat as naaswenners aangewys is.
Skyfskiet: Sterkte aan al die skuts wat eerskomende naweek in Pietermaritzburg gaan deelneem.
Paaseierprojek: Baie dankie aan al die leerders vir hulle positiewe houdings ten opsigte van die paaseierprojek. Die volgende leerders het pryse ontvang vir die beste verkope: 3de plek: DJ Koekemoer, 2de plek: Savannah Goosen en in die 1ste plek: Luzaan Mc Intyre.



