NewsSchools

Hoërskool Pionier – Wintersport teen Generaal Hertzog

"Soms is dit nodig om stil te raak en te luister wat nie gesê word nie. Soms is woorde oorbodig, want jou hart praat ‘n taal uit jou siel." - Ann Janse van Rensburg

 

HOËRSKOOL Generaal Hertzog het Pionier op 16 Mei besoek.

Dit was pragtige hokkie- en rugby wedstryde en ons is trots op al ons sportspanne se prestasies en sportmangees.

Die tellings is soos volg: Rugby: o/14: wen 22-12; o/15: verloor 19-17; o/16: wen 17-7; 2de span: wen 43-7; 1ste span: wen 75-5. Hokkie: o/14: wen 2-1; o/15: verloor 6-4; o/16: gelykop 1-1; 2de span: wen 1-0; 1ste span: verloor 1-0. Seuns 1ste span: verloor 3-0.

Sport teen Vryheid Hoërskool, 13 Mei: Baie dankie aan Vryheid Hoërskool vir die genotvolle sportbepaling op 13 Mei 2015. Die dag het goed verloop en ons dank u vir die goeie sportmangees tydens al die wedstryde. Dit was waarlik ‘n plesier om teen julle te speel!

Swem: KZN uitdunne: ‘n Paar van Pionier se swemmers het die naweek van 9 Mei aan die KZN uitdunne deelgeneem. Hulle het soos volg presteer: Ashley Reimers: 2de plek in die 200m IM, 3de in die 50m vryslag, 2de in die 50m vlinderslag, 2de in 50m borsslag, 2de in die 100m borsslag 3de in die 200m borsslag. Natasha Kleyn: behaal ‘n 1ste plek in die 200m IM en 2de plek in die 50m vlinderslag, sy is eerste in haar ouderdomsgroep met hierdie item. Sy behaal ook ‘n 2de plek in die 50m rugslag en ‘n 2de plek in die 50m vryslag. Jaco Schutte behaal ‘n tweede plek in die 200m IM. Waldo Durand swem ook 200m IM en behaal ‘n 7de plek. Hy is eerste in die 50m borsslag en 3de in die 50m rugslag. Marnus Smith behaal twee 1ste plekke en een tweede plek in die eerste uitdunne. Muller Smith behaal ‘n 2de plek en ‘n 4de plek in die derde uitdunne.

Gedagte vir die week: “Soms is dit nodig om stil te raak en te luister wat nie gesê word nie. Soms is woorde oorbodig, want jou hart praat ‘n taal uit jou siel.” – Ann Janse van Rensburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button