EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vryheid Voëlklub – Uit die papegaai se bek

GOEIE dag vriende, ek is Mickey die papegaai en ek het vir die Vryheid Herald gevra of ek vir hulle kan vertel van my wel en weë , want ek is ‘n baie spesiale papegaai en kan ook ‘n paar mens woorde praat en verstaan. Ek is’ n Indiese ringnek papagaai maar net my voorouers …

GOEIE dag vriende, ek is Mickey die papegaai en ek het vir die Vryheid Herald gevra of ek vir hulle kan vertel van my wel en weë , want ek is ‘n baie spesiale papegaai en kan ook ‘n paar mens woorde praat en verstaan.

Ek is’ n Indiese ringnek papagaai maar net my voorouers se herkoms is vandaar, ek is gebore in Vryheid en was nog al my jare hier.

Ek woon by Johan en Marinda Labuschagne en hulle versorg my baie mooi en ek kry net die beste kos en elke dag vars water, maar ons water is net partykeer bietjie sleg en nie baie gesond vir voëls nie. Gelukkig het Johan belowe hy sal vir ons water gaan koop om seker te maak ons bly gesond en in goeie kondisie, want ek kan nie bekostig om nou siek te word nie omrede ek ‘n lid van Vryheid Voëlklub is en deelneem aan voëlskoue reg oor die land.

Ek is tans die Natal kampioen papegaai. Die titel het ek in 2014 in Vryheid gewen, maar moet dit die jaar by die Royal skou in Pietermaritzburg verdedig en ek is baie senuweeagtig daaroor. Gelukkig verloop my voorbereiding soos beplan en het reeds aan twee skoue die jaar deelgeneem en alby skoue gewen waarvan die laaste een in Durban was.

Ons het Saterdag oggend baie vroeg uit Vryheid gery. Dit was nog donker en ek was nogal baie moeg maar gelukkig kon ek verlore slaap opvang in die motor. Daar was baie voëls wat saamgery het, maar nie baie papegaaie nie, net baie kanaries en ander Afrika, Suid-Afrikaanse en buitelandse voëls, maar hulle praat nie. Die kanaries sing net baie mooi en die ander voëls het weer baie mooi vere. Almal van ons het in ons verskillend afdelings aan die skou deelgeneem.

Vryheid se lede en voëls het baie goed gevaar op die Skou. Die Uitslae is soos volg:

Mossie Weber: Beste voel op skou, 1ste en 2de beste SA voël, Beste Afrika Voël, Beste buitelandse voël, Beste hybrid en nog spesiale pryse.

Marieta Scheepers: 1ste en 3de Kleur kanarie. 1ste en 2de lizard kanarie en spesiale pryse.

Kobus Craffert: 2de Dutch Frill kanarie en spesiale pryse.

Marius Koekemoer: 2de en 3de Gloster kanarie en spesiale pryse.

Henry Annandale: 2de en 3de papegaai en spesiale pryse. Johan Labushagne Beste papegaai en spesiale pryse.

Andre Barnard: 2de Kleur kanarie, 3de Lizard kanarie. 1ste 2de 3de Parisian Frill. 1ste en 3de Dutch Frill. 1ste, 2de en 3de Fiorino Frill en spesiale pryse.

Andre van Schalkwyk: Spesiale pryse.

Ook baie geluk aan Piet du Toit met Beste Gouldian op Skou. Piet het die Pretoria Ope skou bygewoon.

Sjoe, baie geluk aan almal maar nou is ek bietjie moeg en gaan nou rus.

Onthou om vir my duim vas te hou vir die Provinsiale skou in Pietermaritzburg en moenie vergeet van die Vryheid skou op die 20ste Junie nie. Ek sal julle graag daar wil ontmoet.

Groete aan almal tot volgende keer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button