EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Noord Natal Woonwakring (NNWK) ‘n Baie suksesvolle naweek

DIE NNWK het ‘n baie suksesvolle en aangename naweek gehad te Battlefileds Karavaan Park Dundee, gedurende die naweek van 22-24 Mei. Mike en Alida Scheepers het soos gewoonlik weer uitgestaan met hul reëlings vir die kamp. Alhoewel die oggende koel was het die dae tot sy volle glorie ontwikkel het, en was heerlike weer geniet. …

DIE NNWK het ‘n baie suksesvolle en aangename naweek gehad te Battlefileds Karavaan Park Dundee, gedurende die naweek van 22-24 Mei. Mike en Alida Scheepers het soos gewoonlik weer uitgestaan met hul reëlings vir die kamp.

Alhoewel die oggende koel was het die dae tot sy volle glorie ontwikkel het, en was heerlike weer geniet. Die samesyn en gekuier was wonderlik.

Die kamp was goed goed bygewoon deur lede, en ons het die voorreg gehad om vir die tweede keer die jaar nuwe lede te verwelkom in die klub. Die klub is besig om van krag tot krag te gaan.

Ons wil dan ook alle persone wat belangstel om lede van die klub te word te nooi om Alfie (Voorsitter) 082 926 8526 of Dawid ( Onder-Voorsitter) te kontak by 083 362 9317 vir verdere inligting. Persone met karavane en tente is welkom. Ons enigste vereiste is dat mense goeie Christelike gewoontes moet hê en kan handhaaf.

Op die foto kan die lede gesien word wat by die kamp was. Ken jy dalk ‘n gesiggie of twee? Dan sal jy nie vreemd voel nie, of onthou, ‘n persoon is net ‘n vreemdeling tot jy hom ontmoet het. So kom sluit aan en maak nuwe vriende..

Hou die kalender in jul plaaslike koerant dop vir die volgende kamp. Hoop om julle daar te sien.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button