Lucas Meyer Primêre Skool – Provinsiale deelname op sport- en kultuurgebied
Tiaan Marais wat aan die seunsproewe deelgeneem het, is ingesluit in die C-span. Baie geluk en baie sterkte met al die voorbereiding vir die provinsiale toernooi wat in Bloemfontein en Pietermartizburg in die Junie-vakansie afgehandel word. Ons weet julle stel nooit teleur nie.
VIR die groepie hokkie- en rugbyspelers wat deelgeneem het aan die KZN-proewe was die uitslag uiters suksesvol.
Op die St John’s en St Charles astrabane is die Inlands-hokkieproewe afgehandel. Baie geluk aan Berné van Heerden (A-span), Anke Erasmus (B-span) en Lisa Grobler (C-span) wat ingesluit is in die spanne.
Tiaan Marais wat aan die seunsproewe deelgeneem het, is ingesluit in die C-span. Baie geluk en baie sterkte met al die voorbereiding vir die provinsiale toernooi wat in Bloemfontein en Pietermartizburg in die Junie-vakansie afgehandel word. Ons weet julle stel nooit teleur nie.
Eckhardt Potgieter is ingesluit in die KZN A-rugbyspan wat aan die Cravenweek gaan deelneem. Dit is ‘n groot eer en prestasie vir ‘n skoolseun om vanuit die plattelandse gebied ingesluit te word. LMS is trots op jou!
ATKV-redenaars: Saterdag, 30 Mei, het drie van LMS se redenaars aan die KZN semi-finale rondte gaan deelneem by Amajuba Hoerskool in Newcastle. Tiaan Marais, Anri Jansen van Rensburg en Chené Stear het eerstens voorbereide toesprake gelewer en moes dit toe opvolg met onvoorbereide toesprake. Al drie die leerlinge het hul puik gekwyt van hul taak en kon hul standpunte duidelik stel. Tiaan Marais en Chené Stear word aangewys as deel van die top vyf redenaars. Baie geluk aan Tiaan Marais wat as wenner aangewys is. Slegs een leerling per streek word uitgenooi na die finale rondte wat in Kaapstad gehou word. Baie geluk, jul maak ons trots!
Wintersport: Nardini: Rugby: tweede span teen hul eerste span wen 38-14. Hokkie: eerste span wen 7-0. Piet Retief: Hokkie: eerste wen 3-1; tweede wen 2-0; 3de 0-0 gelyk; o/10 verloor 3-1
Netbal: 10A verloor 8-5; o/11A verloor 8-1; vierde verloor 7-3; derde verloor 9-2; eerste verloor 27-6. Rugby: o/9A verloor 36-0; o/10A verloor 0-19; o/11A verloor 0-7; tweede verloor 27-17.
Kalender
6 Mei : Wintersport Huttenpark
8 – 23 Junie : Eksamen



