Lucas Meyer Primêre Skool – ‘Skaakmat’ vir LMS
Hoërskool Pionier het as gasheerskool opgetree. Daar was meer as 100 deelnemers in verskillende ouderdomsgroepe, wat die hele Zululand Distrik verteenwoordig het. Mnr Eugene Barnard het aan die stuur van sake gestaan en alle reëlings het vlot verloop.
OP JEUGDAG, 16 Junie, het ‘n groep skaakspelers van Lucas Meyer aan die eerste Zululand Distrik Skaak Toernooi deelgeneem.
Hoërskool Pionier het as gasheerskool opgetree. Daar was meer as 100 deelnemers in verskillende ouderdomsgroepe, wat die hele Zululand Distrik verteenwoordig het. Mnr Eugene Barnard het aan die stuur van sake gestaan en alle reëlings het vlot verloop.
Lucas Meyer het die Junior Afdeling gedomineer en uitslae was: Onder 14: Stephan de Wit – 1ste plek; Onder 12: Petrie de Wit – 1ste plek, JP Barnard – 2de plek en Johannè Smith – 3de plek. Onder 8: Marnus de Wit – 1ste plek (jongste deelnemer).
Woensdag, 23 Junie, neem 60 van LMS se leerlinge aan ons tweede interne toernooi deel. Daar is ‘n pragtige wisseltrofee vir elke ouderdomsgroep aangeskaf en daar word in elke groep pryse aan die top ses deelnemers gegee. Die dogtersafdeling word ook afsonderlik bepaal. Ons glo dat hierdie puik sportsoort van krag tot krag sal gaan in LMS.
Biltongfees: LMS kry vanjaar weer die geleentheid om tydens die Biltongfees te Dundee die “Steakroll” stalletjie te beman en nooi almal uit om ‘n besoek aan ons te bring. Baie dankie aan mnr Rieg Verster en sy personeel wat alles tot die fynste besonderheid beplan het. ‘n Groot groep ouers en personeel sal vanaf sesuur die oggend tot laataand werksaam wees by LMS se stalletjie.
Kalender
27 Junie : Biltongfees



