Lucas Meyer Primêre Skool – LMS onnies die kampioene
Stephan, Petrie en Marnus de Wit het tydens die vakansie deelgeneem aan beide die SA Ope Skaaktoernooi en die SA Skole Skaaktoernooi. Hulle het 'n baie goeie toernooi gehad en al drie het hul posisies verbeter op die Nasionale skaakleer.
WOENSDAG, 23 Junie, neem 60 van LMS se leerlinge en ‘n onniespan deel aan ons tweede interne skaaktoernooi.
Met die openings-afloswedstryd klop die onniespan die “checkmatespan” en die ys is gebreek vir ‘n dag van opwindende skaak.
Baie geluk aan die volgende wenners in hul betrokke ouderdomsgroepe.
- 0/9: Marnus de Wit; Dewald Harris; Ethan Jooste en Keagen Keightley.
- 0/11: Petrie de Wit; William Harris; Johanne Smith en Jean Pierre Barnard.
- 0/13: Stephan de Wit; Jano Strydom; Mikal Kruger en Cornelius J van Vuuren.
Stephan, Petrie en Marnus de Wit het tydens die vakansie deelgeneem aan beide die SA Ope Skaaktoernooi en die SA Skole Skaaktoernooi. Hulle het ‘n baie goeie toernooi gehad en al drie het hul posisies verbeter op die Nasionale skaakleer.
Baie geluk aan LMS se skaakspelers met hul deelname en pragtige prestasies!
Biltongfees: LMS het olv mnr Rieg Verster en sy Biltongfeesspan hul puik gekwyt van hul taak. Die vooraf beplanning het verseker dat elke ding in plek was en dat sake en verkope vlot verloop het. Die stalletjie is deur die loop van die dag beman deur ‘n groot groep ouers en personeel van LMS.
Baie dankie aan al die personeel en ouers. Baie dankie ook aan Hoërskool Pionier vir die geleentheid waaraan LMS kon deelneem.
Kalender
- 27 Julie – Oueraand
- 31 Julie – Wintersporttoekennings
- 1 Augustus – LMS Gholfdag



