NewsSchools

Hoërskool Pionier – Rugbyspelers reis na Italië

Pionier wil graag vir die twee uitruilstudente uit Duitsland, Charlotte Heusler en Rebecca Bailey welkom sê. Ons hoop dat hulle die paar weke wat hulle by ons gaan kuier baie verrykend sal vind.

DRIE van Pionier se rugbyspelers is gekies om te reis na Italië waar hulle die VKB Plattelande span gaan verteenwoordig.

Geluk aan Nathon Viljoen, Wimpie Steenkamp en Marco Fuhri.

ATKV Redenaars: Geluk aan die volgende leerders wat sertifikate ontvang het vir deelname: Zipho Ngubane; Zamo Mathebula; Jana Grobbelaar; Carmen Gröpp; Bianca Wagener; Chanel Mc Donald; Celine Erasmus; Pieter Claassen en Francois du Preez.

Karate: Die volgende leerders het deelgeneem aan die Nasionale SA JKA Kampioenskappe in Johannesburg by die Standardbank Arena tydens 4-7 Junie: Zurike Marais (graad 8) en Cailin Scott (graad 9). Albei is Junior Swart Belde en presteer albei soos volg: Kumite: Brons medalje en algehele derde plek. Sy behaal plekke in die SA Kumite Span sowel as in die SA Kata Span. Die bogenoemde leerlinge sal SA verteenwoordig in die Africa Cup Kampioenskappe op 26 September. Marlien Chomse (graad 8): Groen Belt 1, sy behaal goud in Kumite en Kata en Ashley McCall (graad 9): Rooi Belt, sy behaal silwer in Kumite en Kata.

Uitruilstudente: Pionier wil graag vir die twee uitruilstudente uit Duitsland, Charlotte Heusler en Rebecca Bailey welkom sê. Ons hoop dat hulle die paar weke wat hulle by ons gaan kuier baie verrykend sal vind.

Gebeurtenisse, Julie-vakansie:

Hokkie: Juliet Muller het die o/16 Natal B – span verteenwoordig in Stellenbosch verlede week tydens die vakansie. Hierdie span het vier van die sewe wedstryde wat hulle gespeel het gewen. Die span het baie goed gevaar. Chané Führi het die o/16 Natal Plattelandspan verteenwoordig in Vanderbijlpark. Hierdie span het net een wedstryd gewen en eindig tiende in die reeks.

Rugby: o/16 Noord Natal verteenwoordigers: Brandon Bender; Hendrik van Jaarsveld; Chris van Heusden; Johnny Blaauw. Hulle speel in Brandfort en wen al drie wedstryde.

Natal Plattelande span verteenwoordigs in Vanderbijlpark: Clifferd Jacobs; Franco Botha; Christiaan Swanepoel; Rudi Potgieter; Riaan Le Roux en Juanwinn Warden. Clifferd Jacobs is uit twee van die drie wedstryde wat hierdie span gespeel het, as speler van die wedstryd aangewys.

Ryan van der Westhuizen verteenwoordig die o/19 Natal Cravenweekspan in Stellenbosch. Hierdie span wen een wedstryd en verloor twee wedstryde. Ryan, jy maak Pionier trots!

Netbal: Geluk aan al die netbalspelers wat die KZN netbalspanne verteenwoordig het tydens die vakansie. Die nie-reisende reserwes, Lésa Swanepoel (o/14), Mia van Rooyen (o/16) en Lorinda Palmer (o/16) is toe ook later by die spanne ingesluit. Baie geluk julle drie! Die ander dogters wat die spanne verteenwoordig het was Leandri Harmse (o/15), Zelna Marais en Natasha Kleyn (o/16), Jessica Taylor (o/17) en Simoné Bornman en Ashley Reimers (o/18).

Bokkieweek: Geluk aan al die seuns wat deelgeneem het. Nico Grobler (o/18); Chrisiaan Zietsman en Marno Crathorne (o/15) en Armand Olsen en JW Olsen (o/14) is by die onderskeie SA bokkiespanne ingesluit. Geluk!

Leerders presteer in sport: M Fuhri; N Viljoen; W Steenkamp; Z Marais en C Scott.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button