Die volgende Hoërskool Ferrum leerlinge het gedurende tweede Kwartaal aan die semi-finaal van die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem:
– Khensani Mnisi.
– Zesuliwe Ndawonde.
– Kristi Horn.
– Sli Msani.
– Douglas Very.
Die kompetisie vereis ‘n oorredende en beredeneerde toespraak van Afrikaanse moedertaal-en tweedetaalsprekers.
Die volgende leerlinge wat ook aan die finale rondte deelgeneem het is verkies om KwaZulu-Natal tydens die finaal in Goudini te verteenwoordig:
Seneme Ndawonde en Marquerita Kruger vir die nie-moedertaalsprekers, en Dewald van Zyl as Moedertaalspreker.
Die skool het die leerlinge alles van die beste toegewens.
Baie geluk!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



