NewsSchools

Hoërskool Pionier – Kultuurweek skop af by Pionier

Pionier se trots het Donderdagoggend, 23 Julie vertrek na Pretoria. Die seuns het twee wedstryde gespeel: Hoërskool Elspark (wen 106-0) en Hoërskool Voortrekker Hoogte (wen 65-0). Ons sê graag dankie aan Meneer Buks Scheepers en Meneer Anton van der Walt wat hierdie naweek moontlik gemaak het, asook aan al die ouers wat saamgereis het en die naweek ingekleur het met hulle teenwoordigheid. Die lang rugbyseisoen het tot ‘n einde gekom en al die harde werk wat die afrigters en spelers ingesit het, het vrugte afgewerp.

PIONIER bied vir die eerste keer ‘n kultuurweek aan.

Die leerders berei al lank voor vir hierdie week en ons sien uit om te sien hoe die week gaan afloop. Die Eisteddfod sluit items in soos: kreatiewe skryfwerk en fotos, sang en die speel van verskillende instrumente, drama (die voordrag van ‘n gedig, monoloog, mimiek, ens.), dans, koekbak en koekversiering. Die week lyk baie belowend en dit gaan tonne pret wees om te sien hoe talentvol die Pioniers werklik is.

Eerste rugbyspan sluit op ‘n hoë noot af: Pionier se trots het Donderdagoggend, 23 Julie vertrek na Pretoria. Die seuns het twee wedstryde gespeel: Hoërskool Elspark (wen 106-0) en Hoërskool Voortrekker Hoogte (wen 65-0). Ons sê graag dankie aan Meneer Buks Scheepers en Meneer Anton van der Walt wat hierdie naweek moontlik gemaak het, asook aan al die ouers wat saamgereis het en die naweek ingekleur het met hulle teenwoordigheid. Die lang rugbyseisoen het tot ‘n einde gekom en al die harde werk wat die afrigters en spelers ingesit het, het vrugte afgewerp.

Volkleure vir atletiek: Baie geluk aan die volgende leerders wat volkleure ontvang het vir atletiek: Dogters o/14 en o/15: Sarcelle van der Merwe; Michaela Viviers; Lésa Swanepoel; Johanette Wilken; Linmarie van Jaarsveldt; Kirsten Small; Charné Snyman; Janneke Schwab; Christelle Oosthuizen; Lize-Marie Mentz; Elana Immelman en Zandri Meyer. Seuns o/14 en o/15: Charles Meintjies; Marno Crathorne; Ruan Muller; Roland Breedt; Christiaan Zietsman; Zander Fouche; Quinton Viljoen; Efcee Claase; SW Craig en Hardus van der Merwe.

Dogters o/16 en o/17: Carla Combrink; Rochelle Odendaal; Jessica Taylor; René Coetzer; Natasha Kleyn; Ingrid Steenkamp; Karen Muller; Erika Swart; Marli Terblanche; Jenny- Lee Bouwer en Michelle Pelzer. Seuns o/16 en o/17: Christopher Doust; Meldon Bezuidenhout; Hannis Vreken; Ruan Naude; Desmond Burke; Jacques Lindeque; Johnny Blaauw; Marco Fuhri; Louis Els; Paul Lotter en Jaco Odendaal. Dogters o/18 en o/19: Anandi Blaauw; Simoné Bornman; Madie Swanepoel; Nicole Pelzer; Roné van Heerden; Heidi Steffen; Bernadette Wenning; Danielle Kirsten en Anneri Lens. Seuns o/18 en o/19: Riaan le Roux; Hugo van Zyl; Richard Delport; Christiaan Swanepoel; Rudi Barkhuizen en Bernard Sadie.

Optredes by Pionier op 5 Augustus: Die volgende kunstenaars besoek Pionier op 5 Augustus: Pieter Koen, Ampie en PJ Cruz. Kaartjies is by Pionier se skoolkantoor beskikbaar en beloop R50 per kaartjie. Moet dit nie misloop nie!

Matrieksertifikate: 2014 se matrikulante se matrieksertifikate is nou beskikbaar by die skoolkantoor en kan kom afgehaal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button