NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS akademiese presteerders

Vrydag, 28 Augustus, word alle voornemende leerlinge vanaf gr RR tot graad 7 genooi om LMS te kom besoek om sodoende 'n ingeligte besluit te neem vir u kind se skoolprogram vorentoe. Alle ouers is ook baie welkom en kan ook 'n inligtingspraatjie bywoon. Ons ontvang u graag by LMS.

NA AFLOOP van die Junie-eksamens en die tweede kwartaal se akademiese program het verskeie leerlinge puik gevaar en hul punte mooi verbeter in vergelyking met die eerste kwartaal.

Baie geluk aan die volgende leerlinge met hul insluiting in die Top Tien-groep:

  • Gr 7: Top Tien-Leerlinge: (Alfabeties) Anke Erasmus; Lisa Grobbelaar; Kayla Haywood; Anrie J van Rensburg; Carina Knoetze; Tiaan Marais; Eckhardt Potgieter; Marlie Smit; Antoinette Swart en Berne van Heerden.
  • Gr 6: Top Tien-Leerlinge: (Alfabeties) James Bellringer; Dirk Grobler; Caitlin Keightley; Ger-Mari Kruger; Isabel Labuschagne; Danica Nortje; Riaan Norval; Chené Stear; Cole van Rooyen en Marjean van Zyl.
  • Gr 5: Top Tien-Leerlinge: (Alfabeties) Carmen Barsdorf; Petrie de Wit; Lee-Ann du Toit; Monique Lombard; Anya Richter; Anika Smit; Johanne Smit; Jacques van Nieuwenhuizen; Nadine van Wyk en Rayvonne Viljoen.

Opedag 2015: Vrydag, 28 Augustus, word alle voornemende leerlinge vanaf gr RR tot graad 7 genooi om LMS te kom besoek om sodoende ‘n ingeligte besluit te neem vir u kind se skoolprogram vorentoe. Alle ouers is ook baie welkom en kan ook ‘n inligtingspraatjie bywoon. Ons ontvang u graag by LMS.

Krieketuitslae: Die eerstespan speel teen Lüneburg en tree as wenners uit die stryd. Lüneburg teken 44 lopies aan in 16 boulbeurte. LMS kolf tweede en teken 132 lopies aan in 30 boulbeurte. Jacques Erwee teken 40 lopies aan en Tiaan Marais 39 lopies. Marnus Christie vaar puik met die bal en neem 4 paatjies vir net 11 lopies. LMS wen met 10 paaltjies in die 11de boulbeurt.

Kalender

31 Julie – Wintersporttoekennings

1 Augustus – LMS Gholfdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button