NewsSchools

Staatmaker onderwyseress oorlede

Mev. Spratt was deel van Drakensberg Primêr vanaf die stigting van die skool in 1977. Sy het die skool en gemeenskap getrou gedien, en elke leerling met liefde en empatie ontvang.

Drakensberg is een van sy staatmaker-onderwyseresse kwyt, na die dood van Rina Spratt op Sondag, Julie 26.

Mev. Spratt het ‘n hartomleiding gehad tydens die skoolvakansie en was besig om aan te sterk by haar jongste dogter in Johannesburg, toe sy skielik oorlede is.

Mev. Spratt was deel van Drakensberg Primêr vanaf die stigting van die skool in 1977. Sy het die skool en gemeenskap getrou gedien, en elke leerling met liefde en empatie ontvang. Lojaal, hardwerkend, ‘n “mamma” vir menige Graad Eentjie, betrokke by sport en ook die persoon wat die Pom Pom Poppies vir die kleintjies begin het.

Drakensberg gaan haar vir seker mis.

“Ons innige simpatie word aan haar man, Pat Spratt, en hul kinders en ander familie oorgedra.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button