Lucas Meyer Primêre Skool – Skaak en wintersporttoekennings
'n Groot groep ouers het die oggendfunksie bygewoon en mev Lombaard, mev Becker en mnr Bredenhann het die prystoekennings waargeneem. Die hoof- en onderhoofleiers vir 2015, het op ‘n paslike wyse die opening, verwelkoming en bedankings hanteer.
NA AFLOOP van ‘n besige maar suksesvolle wintersportseisoen was dit ‘n voorreg om aan verskeie leerlinge wat gevorder of puik presteer het, erkenning te gee.
‘n Groot groep ouers het die oggendfunksie bygewoon en mev Lombaard, mev Becker en mnr Bredenhann het die prystoekennings waargeneem. Die hoof- en onderhoofleiers vir 2015, het op ‘n paslike wyse die opening, verwelkoming en bedankings hanteer.
Die volgende leerlinge word aangewys aan die toppresteerders in rugby, hokkie en netbal. Rugbyspelers: Junior: Dylan Potgieter en Senior: Eckhardt Potgieter. Hokkiespeelsters: Junior: Alichia Liebenberg en Senior: Berné van Heerden. Netbalspeelsters: Junior: Nemicke Botha en Senior: Melissa Hibbert.
Die 1ste, 2de en 3de hokkiespanne is ook onoorwonne na afloop van die seisoen.
Die skaakleerlinge by LMS is besig om hul staal te wys. Die rangordelys is toegepas en die top tien skaakspelers is beloon vir slim skuiwe gemaak.
Baie geluk aan alle leerlinge wat puik presteer het. Dit is ook die toewyding en tyd wat afgestaan is deur ouers en personeel, wat deel was van ons wintersportspanne, wat bygedra het tot sukses. Baie dankie aan elke ouer wat die seisoen ook deel was van ons afrigtingspan.
Krieket:
Eerste span: Die span speel teen Pongola en wen die wedstryd met ses paaltjies. LMS teken 132 lopies aan vir vier paaltjies. Pongola teken 70 lopies aan vir 10 paaltjies in 18 boulbeurte. Danie Nel teken 33 lopies aan en neem vyf paaltjies vir 15 lopies in vier boulbeurte. Tiaan Marais neem drie paaltjies vir 20 lopies in vyf boulbeurte.
o/11 span: LMS kolf eerste teen Pongola en teken 91 lopies vir nege paaltjies aan in 20 boulbeurte. Pongola teken 21 lopies aan almal uit in sewe boulbeurte. Jaden Wilson teken 26 lopies aan en Jaden van Eck neem vyf paaltjies vir vyf lopies. Duan Davel neem drie paaltjies vir twee lopies.
Kalender
4 Augustus – Gr R en RR Inwyding – fietsrenbaan
6 Augustus – Gr 6 Sokkie
11-14 Augustus – Gr 6 Toer



