Lucas Meyer Primêre Skool – Geen tekort aan prestasies vir LMS leerlinge
Die Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe word te Gaborone, Botswana, gehou, vanaf 21 tot 30 Augustus. Hulle sal albei by die geleentheid hul SA Kleure ontvang met hul deelname aan die toernooi. Baie geluk julle twee! Jul dra LMS se naam met trots!
LMS IS besonder trots op Marnus en Petri de Wit wat ingesluit is in die skaakspan wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig in die ‘Africa Schools Individual Chess Championships.’
Die Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe word te Gaborone, Botswana, gehou, vanaf 21 tot 30 Augustus. Hulle sal albei by die geleentheid hul SA Kleure ontvang met hul deelname aan die toernooi. Baie geluk julle twee! Jul dra LMS se naam met trots!
Krieketproewe: Die o/11 krieketseuns het Woensdag, 12 Augustus aan die Vryheidstreek- krieketproewe deelgeneem. Baie geluk aan die volgende seuns met hul insluiting in die oefengroep: Hubert Bredenhann; Hermanus Steenkamp; Jacques van Nieuwenhuizen; JD Jonker; Duan Davel; Jaden van Eck en Jaden Dippenaar. Die seuns sal op 19 September aan die KZN Binnelandespan- proewe deelneem.
Krieketuitslae: 1ste span teen NRS: Kolf eerste en teken 191 lopies aan vir 2 paaltjies in 30 beurte. LMS kolf tweede en teken 169 lopies vir 9 in 30 beurte aan. Danie Nel teken 44 lopies aan en Marnus Christie 34. NRS tree as wenners uit die stryd met 22 lopies. LMS se veldwerk laat ons die steek en vyf vangkanse word verbrou. 1ste span teen Nardini: LMS kolf eerste en teken 179 lopies aan in 25 boulbeurte vir 6 paaltjies. Nardini kolf tweede en teken 45 lopies aan vir 10 paaltjies in 19 beurte. Arnau Bosch teken 56 lopies aan en Eckhardt Potgieter 34 nie uit nie. Mikal Kruger en Tiaan Marais neem albei 2 paaltjies vir geen lopies. o/11 span teen Nardini: LMS kolf eerste en teken 165 lopies vir 4 paaltjies in 20 beurte. Nardini teken 16 lopies aan vir 10 paaltjies in 16 beurte. Jaden Dippenaar teken 61 nie uit nie en JD Jonker teken 50 nie uit nie aan.
LMS Kalender
28 Augustus – LMS Opedag



