NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS wees is ‘n fees

By Babanango het elke kind entoesiasties deelgeneem aan aktiwiteite soos brugbou, hindernisbaan, waterstudie, sterrekyk, bergklim en nog vele meer. Al die aktiwiteite word baie professioneel aangebied en is gerig op leierskapontwikkeling en veral spanwerk.

VRYDAG, 28 Augustus, staan LMS reg vir elke nuwe leerling of ouer wat LMS wil besoek vir die LMS Opedag 2015.

Ons nooi u uit om u eie opinie te kom vorm oor LMS en ‘n inligtingsessie te kom bywoon. Sien is glo!

Graad 6 toer: 11-14 Augustus het LMS se Gr 6-groep vertrek na ‘n kamp te Babanango Valley. Daar is eers by Isandlwana gestop en geluister na ‘n vertelling oor die geskiedenis van die slag van Isandlwana en Rorke’s Drift. By Babanango het elke kind entoesiasties deelgeneem aan aktiwiteite soos brugbou, hindernisbaan, waterstudie, sterrekyk, bergklim en nog vele meer. Al die aktiwiteite word baie professioneel aangebied en is gerig op leierskapontwikkeling en veral spanwerk. Die hoogtepunt van elke dag was speel in die water en kleilat-gooi. Mej Anta van Rensburg, mnr Pieter Aucamp en mev Annelie Smith het die graad ses leerlinge vergesel.

Krieketuitslae: 1ste Span teen Michaelis: Michaelis kolf eerste en teken 115 lopies aan almal uit. LMS kolf tweede en teken 227 lopies vir 5. In die 16de beurt is Michaelis se tellings reeds verbygesteek. Eckhardt Potgieter teken 51 (nun) aan en Marnus Christie 44. LMS tree dus as wenners uit die stryd! 2de Span teen NRS: NRS kolf eerste en teken 43 lopies aan in 15 boulbeurte vir 10 paaltjies. LMS kolf tweede en teken 68 lopies aan vir 2 paaltjies. Jeandre Botes teken 41 lopies aan. LMS se boulers was aan die brand en Phillip Louw neem 1 vir 4, Martin Jacobs 1 vir 1 en Anneen Nel 1 vir 11. LMS wen met 8 paaltjies! o/11 Span teen Michaelis: LMS kolf eerste en teken 107 lopies aan. Joe Buys 32 en Jaden Wilson 27. JD Jonker neem 4 paaltjies en Hubert Bredenham 2 paaltjies. LMS wen met 30 lopies!

LMS Kalender

26 Augustus – Gr. 7 Markdag

28 Augustus – LMS Opedag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button