Huldeblyk – In Liefdevolle Herinnering Aan Zibeth Scheepers
Zibeth Scheepers Gebore: 9 Januarie 1964; Oorlede 20 Augustus 2015. UIT DIE kring van ons ketting is ‘n kosbare skakel geneem met Zibeth se skielike afsterwe. Almal wat Zibeth geken het, se harte is gebreek en sy laat ‘n leemte in ons lewens wat nooit weer gevul sal kan word nie. Zibeth was ‘n liefdevolle …
Zibeth Scheepers
Gebore: 9 Januarie 1964; Oorlede 20 Augustus 2015.
UIT DIE kring van ons ketting is ‘n kosbare skakel geneem met Zibeth se skielike afsterwe. Almal wat Zibeth geken het, se harte is gebreek en sy laat ‘n leemte in ons lewens wat nooit weer gevul sal kan word nie.
Zibeth was ‘n liefdevolle en toegewyde moeder; ‘n anker vir haar broer en susters; en haar moeder se trots. Vir ander was sy ‘n vriend in duisend. Sy het met warmte haar lag en die lewe met almal gedeel.
Sy het altyd ander se behoeftes voor haar eie gestel. Die aarde gaan leeg wees sonder haar borrelende persoonlikheid en aansteeklike giggellag, maar die hemel is nou ‘n ligstraal ryker.
In ons harte en geheue sal ons Zibeth altyd lief hê en onthou as een van God se kosbaarste besittings aan ons. Ons sal nooit van haar skei nie, want sy is lewend in ons harte.
Duisend engele staan en wag, hulle sing van blydskap deur die nag. Nog ‘n lewe word voltrek, nog ‘n siel volg die pad na die Heiligste plek.
“Zibeth, jou heengaan word diep betreur, maar ons is dankbaar vir jou tyd met ons en dat jy almal wat jy ontmoet het se lewens ryker gemaak het.
Ons gaan vreeslik na jou verlang en jou nooit vergeet nie. Rus in vrede kosbare mens.”
Zibeth se roudiens sal plaas vind op Saterdag, 29 Augustus, te NG Kerk Paulpietersburg, om 10:00vm.



